Ken jy dié vrou?
Twee maande nadat 'n jong vrou van vermoedelik 20 jaar deur 'n voertuig op die hoofweg tussen Windhoek en Okahandja omgery is en gesterf het, sukkel die polisie steeds om haar te identifiseer.
Die vrou is op 29 Maart doodgery en was geklee in 'n toppie met die woorde "Dream, Believe" daarop en 'n kort, groen romp (sien foto's). Sy het plat, swart skoene aangehad. Die oorledene het geen identifiserende dokumente by haar gehad nie. 'n Soektog na 'n ooreenstemmende vingerafdruk deur middel van die vingerafdruk-identifikasiestelsel van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, het ook geen resultate opgelewer nie.
Die polisie versoek dat enigiemand wat 'n dogter, suster of ander vroulike familielid vermis, vir ao. Shatipamba by 061 209 4307 skakel of die polisie se lykshuis in Windhoek besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie