Keita weer as president verkiesbaar
Mali se pres. Ibrahim Boubacar Keita het Maandag aangekondig dat hy herverkiesbaar is wanneer stembusse teen die einde van Julie open.
Daar is verwag dat die 73-jarige Keita homself vir ‘n tweede termyn verkiesbaar sou stel. Hy staar veral onder die jeug toenemende politieke opposisie in die hoofstad, Bamako, in die gesig. In die noorde van die land is ‘n Islamitiese insurgensie en oor-en-weer etniese vergeldingsaanvalle aan die orde van die dag.
‘n Dosyn ander kandidate het reeds hul kandidatuur aangekondig. Die sterkste teenkanting kom van die opposisieleier, Soumaila Cisse, ‘n voormalige minister van finansies.
Toenemende geweldpleging oraloor Mali het twyfel vir die lewensvatbaarheid van verkiesings, veral in die noorde, laat ontstaan.
Ekonomiese groei is ongeveer vyf persent danksy goeie opbrengste uit katoen en goud. Korrupsie is egter endemies en Mali beklee die 175ste posisie op die Verenigde Nasies se indeks vir menslike ontwikkeling, slegs 12 plekke van laaste op die indeks. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie