Kegeltoernooi ’n sukses
Tanja Bause
Die MB Truck kegeltoernooi is onlangs by die SKW se baan in Olympia gehou. Die toernooi is deur die maatskappy MB Truck Spares geborg en deur Christa en Klaus Buchmann georganiseer.
Ses spanne bestaande uit vier lede het deelgeneem. Deelnemers het uit Walvisbaai, Swakopmund en Windhoek gekom om deel te neem. Aan die einde van die toernooi is die trofee, kontantpryse en medaljes uitgedeel.
Die wenspan het uit Klaus Fischer, Uschi Ahrens, Monika Damaschke en Bertha Hlasek bestaan.
Die beste individuele vrouespeler was Gisela Bruni, gevolg deur Berthat Hlasek en Monika Damaschke.
Klaus Fischer is as die beste manspeler aangewys, met Meni Fischer in tweede plek en Michael Bartlewski derde.
Bianca Raats het die titel ingepalm as die vrou wat die meeste neges (4) gegooi het, terwyl Michael Bartlewski met tien neges dié titel in die manskompetisie gekry het.
Daar was ook ’n spesiale prys vir die vroue- en die manspeler wat die meeste gooie mis gegooi het. Hier het Bianca Ahrens en Michael Jacobsen met die pryse weggestap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie