Keetmans: N$14 m. waterskuld
NamWater het gedreig om inwoners van 'n Suidedorp met agterstallige rekeninge se watertoevoer af te sny indien hulle nie betaal nie.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – In 'n wending in die Keetmanshoop-munisipaliteit se wanbetaling aan NamWater, het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, mnr. Desmond Basson, onlangs 'n memorandum aan die departement van finansies gestuur en hulle versoek om geen inwoners se dienste af te sny nie.
Sommige raadslede, insluitend die burgemeester van dié dorp, mnr. Maree Smit, het hul ongelukkigheid uitgespreek aangesien hulle nie oor die sperdatum van 19 Maart – vir die opskorting van dienste – ingelig is nie.
“Die vergadering het ooreengekom die proses moet voortgaan om druk op inwoners uit te oefen om te betaal sonder om hul dienste te sny,” lui die memorandum.
Die munisipaliteit het onlangs sy stilswye verbreek oor die uitstaande munisipale rekening van N$14 miljoen wat nog aan NamWater verskuldig is.
NamWater het gedreig om die watertoevoer af te sny van almal wat nog uitstaande skuld het.
Dit is tydens 'n gemeenskapsvergadering onder leiding van Smit aangekondig.
'n Faktuur wat NamWater met die munisipaliteit gedeel het, wys dat die dorpsraad N$14 miljoen skuld. Hulle is gewaarsku om N$3,5 miljoen teen 19 Maart te betaal, anders sal die watertoevoer afgesny word.
Basson het gesê dit is 'n gewone faktuur wat hulle ontvang het. Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het 'n brief aan die munisipaliteit gestuur wat sê die watertoevoer mag nie in die geval van nood gesny word nie.
“Die ministerie het ons ingelig ons mag nie die water van die inwoners afsny nie, ingeval daar dalk 'n noodgeval is. Dit is iets waaraan Keetmanshoop al gewoond is. Die mense het tyd gekry om hul rekeninge uit te sorteer weens die Covid 19-pandemie en dit is wat die uitstaande bedrag só skerp laat styg het,” het hy gesê.
“Ons neem kennis van die uitdagings wat hulle gedurende Covid-19 in die gesig staar, maar 'n groot aantal van ons kliënte het hulle aan wanbetaling skuldig gemaak,” lui die brief.
“Dit is nie 'n geheim nie dat die dorp hard deur die pandemie getref is en inwoners staan almal gebuk onder agterstallige rekeninge.”
Die munisipaliteit plaas ook druk op ministeries en ondernemings met uitstaande skuld.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie