Keer só dat jy op WhatsApp uitgevang word
Petrus Malherbe – Nes vele ander kletsdienste is WhatsApp vrot van die bedrieërs wat daarop ingestel is om niksvermoedende gebruikers met ’n slap riem te vang.
Daar word gereeld berig van die een slenter na die ander wat tans die ronde doen op WhatsApp en dat gebruikers op hul pasoppens daarvoor moet wees.
Die jongste is ’n slenter wat oorgespoel het al die pad van Suid-Amerika af wat gebruikers gratis data bied as deel van die een of ander spesiale aanbod. Om jou gratis data te ontvang, moet jy ’n vraelys invul én die boodskap aan nog 30 van jou kontakte stuur.
Daarna word jy gevra om jou selfoonnommer in te vul om jou “spesiale prys” te ontvang. Sodra jy jou selfoonnommer indien, teken jy in tot een of ander peperduur diens wat daagliks van jou lugtyd vreet.
Hoe kan ek ’n slenter uitken?
Boewe raak al hoe slimmer in hoe hulle mense probeer uitvang, maar een algemene reël geld altyd: Klink dit te goed om waar te wees?
Enige boodskap wat jy op WhatsApp ontvang wat jou gratis lugtyd, ’n paar tekkies of ’n oorsese vakansie bied “in ruil vir”, is waarskynlik ’n slenter.
· Geen maatskappy gee net produkte en dienste verniet weg oor WhatsApp in ruil vir die stuur van ’n boodskap aan al jou kontakte nie.
Dieselfde geld vir boodskappe wat sê iets gaan met jou of jou selfoon gebeur sou jy nié die boodskap aanstuur nie.
Dit sluit in boodskappe wat sê jou WhatsApp gaan eersdaags ophou werk (om welke rede ook) of dat jy jou WhatsApp se voorkoms kan verander as jy die boodskap aanstuur.
· Wees ook baie versigtig vir WhatsApp-boodskappe afkomstig van groot sakeondernemings.
Maatskappye begin deesdae ál meer van WhatsApp as kommunikasiemiddel gebruik maak, maar nes ander platforms word hul WhatsApp-rekeninge ook geverifieer. Moet dus nie sommer net ’n boodskap van Spar of Makro glo nie, want jy weet nie wie skuil agter die rekening nie.
Flysafair het byvoorbeeld ’n geverifieerde WhatsApp-rekening waarop hy onder meer vliegtuigkaartjies aan passasiers stuur.
’n Onderneming soos Spar of Spur mag jou in ieder geval nie net sonder jou toestemming op WhatsApp kontak nie, selfs nie om hul eie produkte te bemark nie. As jy so ongevraagde boodskap ontvang, blok dadelik die persoon.
· In gevalle waar jy ’n boodskap ontvang oor ’n opwindende kompetisie, gaan doen jou navorsing voordat jy inskryf.
Soms kan so ’n kompetisie werklik bestaan, maar dit sal dan op die betrokke instansie se webwerf en op ander sosialemediaplatforms aangedui word.
· Moenie net op skakels klik wat jy in ’n WhatsApp-boodskap ontvang nie.
Gaan eerder na Google en doen ’n vinnige soektog vir die domeinnaam en kyk of dit werklik die webadres van die betrokke maatskappy is.
· Ten laaste, moenie deel word van die probleem nie.
Dit beteken ignoreer WhatsApp-boodskappe wat jou gratis produkte of dienste bied as jy dit aan klomp mense aanstuur. Die oomblik wanneer jy dit aanstuur, versprei jy die slenter net verder. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie