Keelvol studente soek hul geld
Duisende studente sit gestrand sonder blyplek, kos en vervoer.
Augetto Graig
Studenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie.
Minstens 150 studente het die binnehof van Gutenbergplatz in die hart van die hoofstad volgestaan. Daar was 'n sterk polisieteenwoordigheid.
Mnr. Simon Amunime, voorsitter van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het gevra: “Hoekom is die betalings vertraag? Is die geld gesteel? Ons soek eerlikheid van hulle af.”
Hy het die studente se eise voorgelees.
Eerstens moet die NSFAF alle uitstaande klasgelde voor die einde van hul eksamens betaal.
Tweedens moet minstens die helfte van ander gelde onmiddellik uitbetaal word.
Derdens moet die Namic-betaalstelsel afgeskaf word. “Ons wil niks met hulle te doen hê nie,” het Amunime gesê. “Van die tesourie af na die NSFAF na Namic is 'n ketting waaruit happe heeltyd gevat word.
“Ons het nêrens om te slaap nie, niks om te eet nie en geen taxigeld nie,” het hy gesê.
Die studente eis ook dat alle betalings in die vervolg in die eerste kwartaal van die jaar afgehandel word, of maandeliks betaal word, soos dosente se salarisse. Voorts moet die NSFAF die toekenningsproses verbeter en begunstigdes teen Mei elke jaar in kennis stel van goedkeuring al dan nie.
Verder moet die nuwe aanlyn aansoekstelsel wat die NSFAF onlangs aangekoop het, vinniger werk.
“Ons kry aanhoudend SMS'e, maar ons weet steeds niks nie. Toekenningsbriewe moet vandag versprei word. Ons het nog niks op swart en wit nie. Van volgende jaar af moet die NSFAF direk onder die ministerie van finansies val. Vandag moet aan al hierdie eise gehoor gegee word,” het Amunime gesê.
Hy het onderneem “ons gaan nie slaap nie, ons kamp hier” totdat antwoorde aan hulle verskaf word.
Mnr. Wilbard Kangwiya, president van Triumphant College se studenteraad, het gesê: “Net as hulle betaal, kry ons eksamenroosters. IUM het geweier om studente toe te laat om eksamens te skryf. Die Universiteit van Namibië (Unam) het tot onlangs sy internetportaal blokkeer wat toegang tot klasnotas en eksamenroosters bied,” het hy gesê.
“Ons het nie beplan om te betoog nie, maar nie onderrig- óf nie-onderrigrekeninge is betaal nie. Ingesluit is die staat se lening van N$21 600. Hulle moes dit vereffen. Net party van die vierdejaarstudente se rekeninge is betaal. Veral vir die eerstejaarstudente is niks tot dusver gedoen nie.
“Van hulle kom uit die streke en voel hulle word sleg behandel en uitgesluit,” het hy gesê.
Intussen het die uitvoerende hoof van die NSFAF, me. Hilya Taetutila Nghiwete, kort voor druktyd gister bekend gemaak dat N$43 miljoen deur die ministerie van finansies oorbetaal is.
Sy sê die betaling van N$905 miljoen aan 23 230 studente is verwerk, maar net N$501 miljoen is al uitbetaal. “Betalings van N$404 miljoen moet nog gemaak word wanneer die geld daarvoor beskikbaar is,” het sy gesê.
Sy sê nagenoeg 18 000 studente het vanjaar gekwalifiseer om finansiële steun te ontvang, wat 5 000 méér is as waarvoor begroot is. "Dié getal studente, saam met die studente uit vorige jare, bring die totale geldelike steun vir 2017 op N$1,3 miljard te staan terwyl daar net N$962 miljoen begroot is. Dit laat ons met 'n groot tekort en reuse-uitdagings vir die nasie in hierdie moeilike ekonomiese tye.”
Die NSFAF het in 2016 Namic se dienste aangeskaf om 'n betaalstelsel, gekoppel aan 'n rekening soortgelyk aan 'n kredietrekening, vir begunstigdes daar te stel. Ouers en ander se bydraes kan ook deur dié stelsel geakkommodeer word. Die internetgebaseerde SMS-aansoekstelsel is ook laat verlede jaar voorgestel.
In 2016 kon die NSFAF nie rekenskap gee van N$2,7 miljard wat in 2009 en 2010 bestee is nie, maar dit het wel verlede jaar die N$178 miljoen-kontrak vir die bou van sy nuwe hoofkantoor aan China Jiangxi International en sy Namibiese vennoot Homefin Properties toegeken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie