Kawana gee besonderhede oor viskwotas
1 300 nuwe werkgeleenthede
Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.
Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne die toekennings moes hanteer in die nasleep op die Fishrot-skandaal, het die en ander aankondigings vanoggend tydens die daaglikse nuuskonferensie oor Covid-19 gedoen.
Van die meer as 3 000 werkers in die bedryf wat hul werk verloor het, sal 1 300 vir werk by ses maatskappy kan aansoek doen. Die ondernemings het volgens Kawana die beste terme aangebied.
“Die koste vir die regering sal 19 850 metrieke ton marsbanker en 5 816 metrieke ton stokvis beloop,” het die minister gesê. Die posisies sal hopelik reeds teen die einde van Junie gevul kan word.
Volgens Kawana sou dit ‘n katastrofe veroorsaak het as die regering regte summier sou ophef waar kwotas verstryk het. Dan kon nog 7 000 mense hul werk verloor het.
Die bedryf verskaf tans werk aan 16 000 mense en sowat 80 000 afhanklikes.
Groter deursigtigheid en verantwoording het volgens die minister veroorsaak dat die keuringsproses veel langer as verwag geduur het. Lang gesprekke is volgens Kawana met almal in die bedryf gevoer.
AANSOEKE
Die syfer van meer as 1 500 aansoeke wat ontvang is, het volgens Kawana aansoeke vir verskillende regte deur dieselfde aansoekers ingesluit.
Voormalige en huidige regtehouers kon volgens Kawana nie wetlik heeltemal uitgesluit word nie. Sulke ondernemings verskaf nie net werk aan mense nie, maar besit ook skepe en aanlegte.
Om objektiwiteit te verseker, is kundiges van die Universiteit van Namibië (Unam), versoek om aansoeke te evalueer gebaseer op alle kriteria. Dit sluit onder andere in die bemagtiging van vroue, die jeug, mense in al 14 streke, oorlogsveterane en ekonomiese ontwikkeling.
Uit sowat 100 kwotahouers wie se regte op 31 Maart verval het, het 81 nuwe kwotas ontvang. ‘n Totaal van 104 nuwe aansoekers was suksesvol.
Volledige besonderhede sal volgens Kawana aangekondig word sodra onsuksesvolle aansoekers almal ingelig is.
“Nie almal kan deel van die koek kry nie,” het die minister gesê. Die bedryf is daarvoor eenvoudig te klein.
Hy wou nie inligting oor die Fishrot-skandaal verstrek nie omdat dit volgens hom huidige vervolgings kan benadeel.
“Namibië en Namibiërs eerste,” was volgens Kawana die wagwoord. “Ek sal nooit die bedryf verkoop ten koste van Namibiese belange nie,” was sy antwoord op aantygings dat genoegsame bemagtiging weer eens nie sal geskied nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie