Kavekotora: Namibiu00eb voer werksgeleenthede uit
Kavekotora: Namibiu00eb voer werksgeleenthede uit

Kavekotora: Namibië voer werksgeleenthede uit

Die RDP-LP, mnr. Mike Kavekotora, sê administratiewe reëls en tenderbeleide sluit Namibiërs uit.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Ofskoon die verhoging van 42% in die regering se ontwikkelingsbegroting van N$5,5 miljard verlede jaar tot N$7,9 miljard in hierdie boekjaar verwelkom word, dra administratiewe gebreke daartoe by dat “79% of meer” hiervan die land waarskynlik gaan verlaat omdat tenders hoofsaaklik aan Chinese boumaatskappye toegeken word.

Só sê mnr. Mike Kavekotora, parlementêre verteenwoordiger van die Rally for Democracy and Progress (RDP).

“Al die boutenders wat aan Chinese en Noord-Koreaanse maatskappye toegeken is, het gelei tot ‘n uitvloei van geld uit die land en die skepping van werksgeleenthede in daardie lande. Namibië is inderwaarheid ‘n netto uitvoerder van werksgeleenthede na ander lande,” het hy Dinsdag in die Nasionale Vergadering (NV) tydens die begrotingsdebat gesê.

Kavekotora sê Chinese maatskappye is die regering se “tenderaars van voorkeur” vir alle bou- en ontwikkelingsprojekte wat tot dusver aan buitelandse maatskappye toegeken is.

Hy het op die miljoene Namibiese dollar gewys wat na Noord-Korea vir die bou van die nuwe Staatshuis, weermag-geriewe en die Heldeakker gevloei het.

Kavekotora het ook na die opknapping van Walvisbaai se hawe verwys en die geld wat deur middel van dié projek na China gevloei het.

Hy sê voor die Chinese en die Noord-Koreane die boubedryf betree het, was dit ‘n bedryf wat goed gefunksioneer het en ontwikkel was, en deur “Baster-bouers oorheers is, wat uitstekende werk gedoen het”.

“Die huise wat hulle baie dekades gelede gebou het, staan steeds. Hulle het die geld boonop in die land gehou en tot ekonomiese groei bygedra.”

Kavekotora het daarop gewys die reuse- kapitaalbelegging in die bou van die brandstofbergingsaanleg en die vergroting van die hawe was moontlik ‘n vermorsing van skaars hulpbronne, aangesien die regering nie vooraf ‘n behoorlike ontleding van die voordele gedoen het nie.

Hy sê die Namibiese regering het nie besef terwyl die Chinese besig was om die hawe by Walvisbaai dieper te maak, China ook miljoene Amerikaanse dollar aan die Lobito-korridor bestee het, wat Luanda in Angola met die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Zambië verbind nie.

“Die vergroting van die ontwikkelingsbegroting gaan betekenisloos wees tensy dit Namibiërs bevoordeel. Huidige administratiewe reëls en tenderbeleide sluit die meeste Namibiërs uit,” sê Kavekotora.

Hy het voorgestel ten minste 70% van die ontwikkelingsbegroting bly in die land om ekonomiese groei te bevorder.

’n Verdere voorstel was die regering moet met lenings in buitelandse geldeenhede wegdoen, wat die land aan wisselkoersskommelings blootstel.

Openbare salarisrekening

Kavekotora het die regering se reuse- salarisrekening gekritiseer en gesê die 26,1% van die Namibiese werksmag wat in diens van die staat is, deel in welvaart wat hulle nie help skep het nie.

Die openbare salarisrekening maak 51% van die bedryfsbegroting uit, wat ‘n reuseaandeel, naamlik 15,5%, van die bruto binnelandse produk (BBP) is.

Hy het voorgestel die regering stimuleer die ekonomie deur welvaartskepping, en verklein die salarisrekening of doen ‘n menslike hulpbronoudit en snoei poste.

“Die regering moet produktiwiteit, doeltreffendheid en waarde vir geld deel van die werksvoorwaardes van staatsamptenare maak en ophou om sy kamerade te akkommodeer,” het Kavekotora gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.84/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0106 | Zinc US$ 2 895.80/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.60/BBP DOWN -0.0241 | Platinum US$ 952.79/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.84/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0106 | Zinc US$ 2 895.80/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.60/BBP DOWN -0.0241 | Platinum US$ 952.79/OZ UP +1.93%