Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

Henriette Lamprecht
Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse ontvang.

Volgens die direkteur van gesondheid vir die streek, me. Timea Ngwira, word ’n volgende besending binne die volgende twee weke verwag. Volgens haar sal die besendings deel van die Kavango-Wes se bevolking dek, omdat sommige gebiede steeds onder die Rundu-distrik val. Dit sluit Mupini, Kapako, Myl 10 en Ncaute in. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer