Katutura-hospitaal se beddens word opgeknap
Katutura-hospitaal se beddens word opgeknap

Katutura-hospitaal se beddens word opgeknap

Henriette Lamprecht
Danksy 'n skenking van N$357 400 van die Firstrand Namibia Hope-fonds kon herstelwerk aan 52 Stiegmeyer-beddens in die Katutura-staatshospitaal in Windhoek begin.

“Die tekort aan mediese beddens by die hospitaal is onder ons aandag gebring en ons het die kans aangegryp om te help om die beddens reg te maak en sodoende siek pasiënte te help om gemaklik te herstel,” het me. Revonia Kavihere, FirstRand se bestuurder vir korporatiewe maatskaplike beleggings, gesê.

“Toegang tot gesondheidsorg is kritiek vir ons om as 'n same­lewing te funksioneer.

“FirstRand prioritiseer die welstand van ons nasie in alle sfere en in veral die mees gemarginaliseerde inwoners in ons gemeenskappe,” het sy gesê.

Dr. Nelago T. Amugulu, mediese superintendent van die hospitaal, het sy dank uitgespreek en gesê die skenking en herstelwerk sal ver strek om die tekort aan gepaste beddens in die hospitaal uit te wis.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer