Katti skil appeltjie met drukgroep
Omgewingskonsultante se integriteit is bo verdenking
Otis Finck - Namibia Marine Phosphate (NMP) se direkteur, Knowledge Katti, sê die drukgroep Swakopmund Matters (SM) saboteer ekonomiese ontwikkeling in die Erongostreek.
Katti het SM ook uitgedaag om uitsprake te lewer oor die kwessie van vissery met behulp van sleepnette op die seebodem en die omgewingsimpak daarvan. Hy bevraagteken ook of die groep nuwe voorgestelde wysigings aan die Wet op Omgewingsbestuur van 2007 steun, wat kommersiële vissery insluit as ‘n gelyste aktiwiteit wat volle omgewingsimpak ontledings (EIA) van alle operasies en kwota-houers vereis.
“Ondanks die onteenseglike en gedokumenteerde parallelle tussen die gebruik van sleepnette en baggerwerk, bly SM blindelings of onkundig oortuig daarvan dat NMP se aktiwiteite, nie net ‘n regstreekse invloed op visserye sal hê nie, maar die mariene omgewing in sy totaliteit skade sal berokken.
“Dit laat die vraag ontstaan oor die beginsels waarvoor SM staan, rakende hul posisie oor die beskerming van die mariene- en kusomgewing en hul onderliggende motiewe vir hul teenstand teen fosfaatmynbou, terwyl hulle die gebruik van sleepnette voorstaan terwyl albei ‘n impak op die mariene-omgewing het,” het Katti gesê.
Hy het beklemtoon dat deskundige menings, van ‘n onafhanklike eweknie-hersieningpaneel, asook die onafhanklike eksterne hersiener, wat aangestel is, tot die slotsom gekom het dat daar geen betekenisvolle redes is hoekom fosfaatmynbou en visserye nie saam kan bestaan en eners bestuur kan word, ingevolge die bepalings van die wet op omgewingsbestuur van 2007 nie.
Hy het ‘n beroep op SM gedoen om weg te beweeg van sy voorafopgestelde idees en van sy lede te vereis om hul getuigskrifte ter ondersteuning van hul ongegronde uitlatings en wanvoorstelling van ware feite te wys.
“Konsultante is aangestel om die hoogste omgewingskundigheid oor die Benguela-seestroom se groter mariene ekostelsel na die tafel te bring ten einde te verseker dat ten volle voldoen word aan die wet op omgewingsbestuur. Terwyl diverse besprekings en menings, gegrond op feite en logika gerespekteer word, dra leë, onbewese aansprake en destruktiewe menings deur sommige groepe min by om Namibië se beeld te bevorder en ondermyn dit onregverdiglik die geloofwaardigheid van die regeringsagentskappe verantwoordelik vir wetstoepassing.
“Niks kan gewen word deur die betekenisvolle waarde en rol van geakkrediteerde spesialiste en konsultante af te breek, wat hul kundigheid tot omgewingstudies in Namibië bydra nie,” het Katti gesê.
Volgens hom het SM dit goed gedink om, sonder enige getuigskrifte, insinuasies te maak teen die professionaliteit en etiek van internasionaal gerespekteerde en geakkrediteerde konsultante wat aangestel is om die projek se EIA, omgewingsbestuursplan (EMP), verifiëring-studie en eweknie-hersiening te doen.
“Die verifiëring studie is gegrond op huidige ter plaatse wetenskaplike data, wat deur die implementering van gesonde wetenskaplike praktyke bekom is, ten einde te verseker dat die bevindinge, soos in die EIA uiteengesit, op die regte manier bekom is.
In teenstelling met SM, wat ondeursigtig te werk gaan, word van professionele konsultante verwag om hul naam aan hul werk te koppel. Die konsultantmaatskappye wat deur NMP of die regering aangestel is, het volle besonderhede verskaf van verskeie internasionaal gepubliseerde, onafhanklike omgewingsdeskundiges wat betrek is. Hierbenewens is eweknie-hersienings of die bevindinge van die projek se EIA en verifiëringstudie ook verskaf.
Katti sê voorts SM verteenwoordig hulself as selfaangestelde stemme van gesag oor die beskerming van kwessies rakende die breër Namibiese mariene- en kusomgewing, wat duidelik uit hul openbare verklarings blyk.
“SM neem aan dat alle hersienings, wat deur die konsultante wat deur NMP aangestel is, verkeerd is. Twee onafhanklike eksterne hersienings is deur die omgewingskommissaris, ingevolge die bepalinge van die wet op omgewingsbestuur gedoen.
“Oor die kwessie van etiek, is dit jammer en teleurstellend dat daar ‘n herhalende insinuasie van SM en andere is, dat ‘hy wat betaal, kan bepaal.’ Gevolglik kan die mening van ‘n omgewingskonsultant, vir wie se dienste betaal word deur ‘n voorstaander van ‘n mynbouprojek, nie as geloofwaardig aanvaar word nie.”
Volgens Katti is diegene wat hierdie geykte siening huldig, onbewus dat wêreldwyd van konsultante, met gerespekteerde reputasies, vereis word om aan streng etiese kodes en praktyke te voldoen wat die grondslag van hul professionele status en reputasies vorm.
“Namibiese wetgewing vereis dat die voorstaander van ‘n projek verantwoordelik is alle koste wat verband hou met die EIA en EAP, asook die koste van enige eksterne onafhanklike hersienings wat deur die omgewingskommissaris voorgeskryf word, moet betaal,” het hy gesê

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie