Katrina weer eens in ACC se visier
Al berus die staat by haar onlangse vonnis, moet die oudonderwysminister waarskynlik eersdaags op nuwe klagte antwoord.
Denver Kisting
Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het dié week erken die vervolgingsgesag het Katrina Hanse-Himarwa opnuut in sy visier.
Imalwa het Woensdagmiddag gesê die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het reeds 'n splinternuwe dossier met bewerings van korrupsie teen die eertydse minister van onderwys, kuns en kultuur aan haar kantoor vir oorweging gestuur.
Maar, het sy in oorleg met adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze op 'n nuuskonferensie gesê, die dossier is intussen aan die teenkorrupsieliggaam vir verdere ondersoek teruggestuur.
Dié wending kom te midde van hardnekkige gerugte dat meer hofsake op Hanse-Himarwa, op haar dag ook die goewerneur van die Hardapstreek, wag.
Imalwa het nie die afgelope week enige besonderhede oor die jongste bewerings bekend gemaak nie.
In 'n voorval wat spruit uit Hanse-Himarwa se termyn as goewerneur is sy verlede maand aan korrupsie skuldig bevind.
Sy het 'n boete van N$50 000 betaal en 'n tronkvonnis hang oor haar kop as sy binne die volgende vyf jaar weer korrupsie sou pleeg.
Hanse-Himarwa het onlangs, toe Republikein haar om kommentaar genader het oor inligting dat die vervolgingsgesag glo twee nuwe sake van korrupsie teen haar oorweeg, gesê: “Nét twee? Vra hulle asseblief namens my om dit honderd te maak.”
Die staat het besluit om nie teen regter Christie Liebenberg se onlangse vonnis appèl aan te teken nie, het Imalwa Woensdag gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie