Katrina waarsku oor die semels, varke...

?WAARVOOR sukkel hulle met ?n ou tannie soos ek?? vra die goewerneur van die Hardap-streek, me. Katrina Hanse-Himarwa, oor ?n voortgesette twis in Mariental se landelike kiesafdeling in die aanloop tot November se streek- en plaaslike verkiesings.

Die goewerneur het alle aantygings van beweerde ongerymdhede tydens ?n distriksvergadering van Swapo die afgelope naweek op Stampriet as ?dwase en mal windstories? afgemaak wat nie eens kommentaar regverdig nie.

Volgens me. Hanse-Himarwa het mnr. Simon Dukuleni se skorsing uit die regerende party se Jeugliga absoluut geen invloed op sy pos as distriktesourier nie.

In Jeugliga-kringe word dit betreur dat partymasjinerie nog nie die skorsing op die hoogste vlak onderskraag het nie.

Terselfdertyd is daar ondanks die erkenning dat me. Hanse-Himarwa ?tegnies korrek? in haar interpretasie is, vrae oor haar respek vir die jeug se besluit.

Die goewerneur het ontken dat almal glo nie behoorlik na die vergadering uitgenooi is nie, asook dat daar ?n uitstapaksie was. Die man wat geloop het, voer sy aan, het ?nederig? om verskoning gevra omdat hy verpligtinge elders gehad het.

?Dit is hierdie klomp jong mannetjies wat rondloop? Wie weet wat hulle wil regkry?? het me. Hanse-Himarwa gevra.

Sy het diep uit haar maag gelag oor planne om op haar skorsing aan te dring.

Volgens die goewerneur tas dit benewens vir ?n verspilling van tyd en energie nou haar waardigheid en integriteit aan om aan te hou kommentaar lewer op mense wat op geen manier haar gelyke is nie.

Nie in ?geletterdheid, politieke posisie of geslag? nie.

?Ek is ?n lid van die Sentrale Komitee,? het sy herinner.

?As jy jou met die semels meng,? het sy die bekende idioom opgehaal, ?word jy al te maklik varkkos.?

Kommentaar

Republikein 2025-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer