Katrina vervang
Die oudminister se bedanking is deur ’n skuldigbevinding aan korrupsie voorafgegaan.
Denver Kisting – Amb. Martin Andjaba is gister as die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur aangewys.
Hy is ook die minister van presidensiële aangeleenthede.
Dr. Alfredo Hengari, pres. Hage Geingob se woordvoerder, het die aanstelling bevestig.
Dié vakature het ontstaan nadat Katrina Hanse-Himarwa Dinsdagmiddag ná meer as vier jaar die tuig neergelê het.
Haar bedanking is voorafgegaan deur ’n skuldigbevinding aan korrupsie in die Windhoek-hoërhof Maandag.
Omdat daar nog net sewe maande van Hanse-Himarwa se termyn oor is en weens haar reg op appèl het pres. Geingob besluit om niemand in die pos aan te stel nie, sê Hengari in ’n verklaring.
Enkele minute voor Hengari bevestig het Hanse-Himarwa is vervang, het dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die eerste minister, aan Republikein gesê nuus oor dié vakature sal in ’n gepaste stadium gekommunikeer word.
“’n Aankondiging in hierdie verband sal op ’n geskikte tydstip gemaak word,” het haar bondige WhatsApp-boodskap gelui.
Republikein verneem die adjunkminister, me. Anna Nghipondoka, en me. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur, het gisteroggend in Windhoek met die personeel van die ministerie vergader.
Tydens dié vergadering is personeellede amptelik ingelig oor Dinsdag se verwikkelinge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie