Katrina op pad hoërhof toe
Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, is vanoggend in die Mariental-landdroshof gewaarsku dat sy op 21 Junie in die hoërhof in Windhoek moet verskyn.
Dít kom nadat sy om 09:00 vandag ‘n eerste verskyning op aanklag van korrupsie gemaak het.
Die 51-jarige Hanse-Himarwa was sonder haar prokureur, mnr. Sisa Namandje, in die hof. Adjunk-aanklaer-generaal Nita Meyer, wat namens die staat opgetree het, het bevestig Namandje het ‘n brief gestuur waarin hy sy betrokkenheid as regsverteenwoordiger in dié saak aandui.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie