Katrina mag nie appelleer

Geldsake steeds duister

04 February 2020 | Howe
Augetto Graig - Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa, se aansoek om verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding aan korrupsie verlede jaar is gister deur hoërhofregter Christie Liebenberg afgekeur.

Die saak is dus van die hofrol geskrap.

Hanse-Himarwa sê sy beraadslaag nou met haar regspan oor die pad vorentoe en kan nog nie kommentaar lewer nie.

Sy het die hofgebou vinnig verlaat en is deur haar vriendin, me. Margaret Mensah-Williams, vergesel.

In sy uitspraak verduidelik Liebenberg hoekom hy haar aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Die regter sê die oudminister kon hom nie oortuig van ’n goeie rede vir die vertraging van haar aansoek nie, of dat sy van die begin af die bedoeling gehad het om te appelleer nie.

Hy was ook nie oortuig haar appèl sou ’n redelike kans hê om in die hooggeregshof te slaag nie.

Die aansoek moes binne 14 dae van Hanse-Himarwa se skuldigbevinding op 8 Julie 2019 ingedien word, maar is eers op 23 September ingedien.

Liebenberg sê haar verduideliking dat die vertraging weens ’n geldtekort was, is nie voldoende nie.

Geldgebrek nooit verklaar

Hanse-Himarwa het in haar aansoek gesê sy moes eers fondse vir die aansoek bekom, en toe wou haar eerste regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, dit weens uitstaande fooie aan hom verskuldig steeds nie indien nie.

“In die lig hiervan het sy haar huidige regsverteenwoordigers op rekord, MKK inc., opdrag gegee om instruksies aan advokaat Barry Roux van Suid Afrika te gee,” het Liebenberg gesê.

Vroeg in die oudminister se korrupsiesaak het sy gesê sy staan finansieel sterk en kan haar eie regskostes dek.

Die verandering in haar omstandighede, wat glo tot ’n gebrek aan fondse gelei het, is nooit verklaar nie, het die regter gesê.

“Die aansoeker se gewaagde bewering van ’n tekort aan fondse as enigste rede vir die vertraging van die aansoek is onvoldoende, en ’n redelike, aanvaarbare verduideliking is uitstaande,” het die regter gesê.

Hy noem dat die staatsaanklaer adv. Ed Marondedze die hof se vroeëre bevinding dat Hanse-Himarwa nie heeltemal eerlik oor haar finansies was nie in sy argument uitgelig het.

Hanse-Himarwa het gister na afloop van die uitspraak gesê sy is van nature ’n eerlike persoon.

“Daar is geen rede om skielik voor regter Liebenberg oneerlik te raak nie. God weet ek is altyd eerlik,” het sy gesê.

Behalwe dat die laat indiening van die aansoek om verlof tot appèl nie aanvaar is nie, het die regter ook beslis daar is nie bewys Hansa-Himarwa sou van die begin af teen haar skuldigbevinding appelleer nie.

Verder sê regter Liebenberg hy het die hooggeregshof se voorbeeld gevolg om te bepaal of Hansa-Himarwa haar posisie as destydse goewerneur van die ||Kharasstreek op korrupte wyse misbruik het.

Derhalwe glo Liebenberg nie sy het ’n redelike kans om die hooggeregshof van haar saak te oortuig nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

7 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

7 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

7 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

7 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

7 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

7 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...