Katrina klaar of nie? Dís die vraag
Denver Kisting – In dié stadium bly dit ’n onbeantwoorde vraag of die einde van Katrina Hanse-Himarwa se pad aangebreek het.
Alle aanduidinge is dat Woensdagoggend se vonnisoplegging waarskynlik ver van die einde is vir dié vurige Swapo-politikus.
As ons van ’n pad praat, praat ons natuurlik van ’n paar paaie – politieke hoof- en snelweë, regskronkelpaaie, sosiale ompaaie en vriendskaplike doodlooppaaie, nè.
Hoewel ’n mens sou kon saamstem met ’n plaaslike geestesterapeut se vermoede dat sy emosioneel moontlik uitgemergel is ná die korrupsieverhoor in, én veral buite, die hof, is kant en klaar waarskynlik nie op haar van toepassing nie.
Trouens, dalk is dié net die begin van dié uitgesproke en energieke liefling van die Suide. Ek vermoed ons dínk ons het, maar ons het dalk nog absoluut niks gesien nie.
Dat Hanse-Himarwa gewild is, is ’n feit soos ’n droogtebestande koei.
Die openbare galery het tydens die verhoor, maar veral gedurende die doodsnikke van die proses die afgelope maand deurgaans uit sy nate gebars van massas mense.
Ek het geen twyfel dat daar ’n paar vyande-in-die-kas onder die skare was nie, maar die meeste was daar om haar minstens moreel te ondersteun.
Kort nadat die nuus Woensdag rugbaar geword het dat sy nie tronkstraf sal hoef uit te dien nie, het ’n magdom mense buite die hof ’n erewag gevorm en begin om gesange te neurie.
Dat sy talle aangegryp het, was so helder soos daardie einste Woensdag se laatoggendwinterson. Die oneindige aksie wat steeds geesdriftig in die sosiale media afspeel, is eweneens ’n aanduiding daarvan.
Soos sake tans staan, is ’n appèl teen 8 Julie se skuldigbevinding en die afgelope Woensdag se vonnisoplegging in alle waarskynlikheid op hande.
Die onafhanklikheid van die regbank is ’n aspek waaroor ’n 30 jaar oue demokrasie soos Namibië deurgaans jaloers moet waak.
Wat my betref, het regter Christie Liebenberg hom deurgaans baie goed van sy taak gekwyt deur baie genuanseerd en omvattend die hof se beslissing en toepaslike straf te verduidelik.
Wat in die sosiale media ontvou het en steeds prut soos ’n maer pappot, moet die meeste van ons minstens onrustig maak.
Ek moet eerlik wees en erken toe ek in die klein ure van Donderdagoggend die kans kry om te kyk na van die menings wat Jan en Sus Alleman luidkeels aanlyn uitbasuin het tydens en ná Woensdag se verrigtinge, het ek plek-plek geskreeu van die lag.
Daar is geen twyfel dat Namibiërs vlymskerp kan wees nie. Van ons se vermoë om binne oomblikke nadat die mees tragiese geleentheid van enige aard hom afgespeel het, met die snaaksste, vindingrykste meme vorendag te kom, het my al male sonder tal my oggendbrousel – swart, sterk en bitter – laat uitproes van die lag.
Talle mense is van mening Namibiërs verdien nie die internet nie.
Van ons het absoluut géén orde nie. En dalk was dit nog altyd so. Die sosiale media vestig moontlik net ons aandag daarop dat ons humorsin enersyds internasionale gehore kan laat (ver)stik van die lag en andersyds dat ons ons afvee aan etiket, goeie maniere, beskaafdheid en billike en ordentlike gedrag.
Waar anders sal ’n mens iemand kry wat op ’n regstreekse uitsending van ’n minister se vonnisoplegging nadat sy aan korrupsie skuldig bevind is, kommentaar lewer met ’n naam en ’n selfoonnommer om te kontak sou enigiemand op soek wees na iemand wat teen betaling polisiedossiere steel. “Hallo, julle. My naam is XXX en ek steel dossiere vir ekstra geld. Bel my by YYY.” Bwahahaha.
Ek wonder wat ’n nasie se sin vir humor sê oor hul psige. Miskien is óns klaar en Katrina allesbehalwe op. Miskien is dit ’n oorlewingsmeganisme om te midde van allerlei ellende die draak met alles te steek.
Van heilige koeie is daar in hierdie ou landjie géén sprake nie – ons diep hulle bloederig en oeroud uit al wat ’n sloot is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie