Katrina in ongeluk
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, was gister in 'n motorongeluk.
Denver Kisting
Die polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, gisteroggend in 'n ongeluk was.
Hanse-Himarwa se ampsmotor en 'n Toyota Hilux-bakkie was in dié botsing betrokke.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het die ongeluk tussen die regerings-BMW en die bakkie omstreeks 08:40 op die hoek van Bonnstraat en Otjomuiseweg plaasgevind.
Daar word beweer Hanse-Himarwa was agter die stuur van die BMW met die nommerplaat “GRN 754” en uit Wanaheda op pad in Otjomuiseweg, terwyl die bestuurder van die bakkie in Bonnstraat was.
Shikwambi sê hoewel die twee bestuurders nie tydens die ongeluk beseer is nie, het Hanse-Himarwa se lyfwag ligte beserings opgedoen en is die voertuie beskadig.
Hanse-Himarwa het gistermiddag die voorval bevestig.
Sy sê sy en haar lyfwag was op pad na die weeklikse kabinetsvergadering toe die ongeluk gebeur het. Volgens haar het sy eerste by die vierrigtingstop stilgehou en toe verder begin ry.
Hanse-Himarwa sê sy het die bakkie opgemerk wat na bewering teen 'n hoë spoed uit 'n westelike rigting gery en hulle getref het.
Hoewel sy volgens haar probeer rem het, kon sy die ongeluk nie verhoed nie. “Hy is die een wat die verkeer(sreëls) nie gehoorsaam het nie. Hy het net gekom en ons gestamp. Sy kar het getol en was in die rigting gedraai waaruit hy gekom het.”
Sy sê haar lyfwag het die voorruit met haar kop getref. “Daar is 'n klein skrapie, maar geen ernstige besering nie.”
Hanse-Himarwa sê sy het self bestuur omdat “ons mos net een bestuurder het” en sy het dié mens vroeër na 'n hospitaal gestuur waar 'n familielid van die minister gesterf het.
Die polisieondersoek duur voort, sê Shikwambi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie