Katrina hoor gou oor appèl
Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag het.
Sy het onlangs die hoërhof in Windhoek genader om haar toe te laat om ’n laat aansoek om verlof tot appèl te bring.
Die hoërhof lewer na verwagting Maandag 3 Februarie uitspraak.
Hanse-Himarwa wil haar tot die land se hoogste hof, die hooggeregshof, wend in ’n poging om haar skuldigbevinding aan en vonnis weens korrupsie ter syde te stel.
Regter Christie Liebenberg het haar verlede jaar in die hoërhof aan een oortreding van die teenkorrupsiewet skuldig bevind.
Dít nadat die hof bevind het sy het familielede laat voordeel trek uit ’n massabehuisingskema toe sy destyds die goewerneur van die Hardapstreek was.
Ná haar skuldigbevinding is sy ’n boete van N$50 000 opgelê.
Sy het sedertdien as onderwysminister bedank.
Kragtens die Grondwet kwalifiseer sy steeds om as lid van die Nasionale Vergadering (NV) te dien, omdat sy nie 12 maande se gevangenisstraf sonder die opsie van ’n boete opgelê is nie.
Hoewel sy laag lê op Swapo se NV-lys, kan pres. Hage Geingob haar steeds as een van sy agt niestemgeregtigde lede aanstel.
In dié stadium het Geingob nog net een van die agt bekend gemaak – die jeugleier mnr. Ephraim Nekongo.
Hanse-Himarwa het gistermiddag by navraag die jongste wendings bevestig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie