Katrina gooi klip in onderwysbos

Eksminister reageer op kritiek

31 December 2019 | Politiek
Denver Kisting



Die oudminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het 'n opposisieleier van onkunde beskuldig.

Dit kom nadat mnr. Nico Smit, die tesourier-generaal van die Popular Democratic Movement (PDM), verlede week teen die onlangse gr.12-uitslae uitgevaar het.

Hanse-Himarwa sê by navraag: “Wel, dit lyk nie of die eerbare Smit 'n deeglike begrip van die hele onderwysstelsel het nie, om nie eens te praat van die hersiene leerplan nie, hoewel dit my ver­skeie kere gevat het om dit by vele geleenthede aan die LP's te verduidelik.”

Sy het wel begrip hiervoor, sê die voormalige LP.

“Ek het uiterste simpatie met mense wat moeilik die ingewikkeldhede van onderwys begryp. Dit is nie maklik vir 'n leek om pedagogie te verstaan nie.”

Onderwys handel oor veel meer as die onderwyser, leerling en ouer, sê Hanse-Himarwa, wat in Julie vanjaar uit haar ministeriële pos bedank het nadat sy in die hoërhof aan korrupsie skuldig bevind is.

'n Magdom faktore bepaal die sukses al dan nie van 'n skolestelsel, meen die oudonderwyser.

“Ek gee toe 'n paar selfdoodhervormings is onmiddellik ná onafhanklikheid gemaak. Daardie hervormings teister ons tot vandag toe.”

Sou die sektor behoorlik befonds word, kan onlangse hervormings vrugte afwerp, meen sy.

“Befondsing vir onderwys spreek nie tans leeruitkomste, onderwyseropleiding, deurlopende professionele ontwikkeling, infrastruktuur, leerhulpmiddels en die skep van 'n gunstige leeromgewing aan nie,” sê sy.

Meer as 80% van die ministerie se begroting word aan salarisse bestee, sê sy.

“As jy my vra, het ons die beste ­onderwysstelsel; die inwerkingstelling van die stelsel is die uitdaging.”

Hanse-Himarwa sê deel van die probleem is onderwyskolleges is voortydig afgeskaf.

Sy het 'n beroep gedoen op die PDM om ook met oplossings vorendag te kom in plaas daarvan om net kritiek te lewer.

Teen die huidige tempo is die land op pad na ongeletterheid, het Smit verlede week oor die onlangse uitslae gesê.

Smit sê in 'n verklaring: “Terwyl die PDM sy gelukwensinge oordra aan die leerlinge wat goed gevaar het in hierdie jaar se hoërvlak eksamen, is die beweging diep ontsteld en hartseer weens die onlangs vrygestelde eksamenuitslae wat weer eens getoon het ons onderwysstelsel is op die verkeerde pad.”

– [email protected]

Soortgelyk

 

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

6 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

6 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

6 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

6 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

6 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

6 ure gelede |

Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings...

Etosha-heining: ‘Sny middelman uit'

6 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan baie geld spaar deur die middelman uit te sny met die opgradering van die...