Katrina gee bes
Pres. Hage Geingob sê as Katrina Hanse-Himarwa nie bedank het nie, sou hy haar in die pad moes steek.
Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.
Kort nadat die nuus oor haar bedanking rugbaar geword het, het pres. Hage Geingob haar by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, vir dié stap bedank.
Sou sy dit nie gedoen het nie, sou hy geen ander keuse gehad het as om haar af te dank nie, sê Geingob. Dit weens sy verbintenis tot deursigtigheid en om korrupsie hok te slaan, lui sy verklaring.
Haar geloof blý in God en sy vertrou in sy ewigdurende liefde en dat Hy haar deur dié tye van beproewing sal dra.
So sê Katrina Hanse-Himarwa, die oudminister van onderwys, kuns en kultuur.
Sy het die media in ’n twee bladsy lange brief verwittig sy ontruim onmiddellik haar kabinetspos.
Dié veroordeelde vuurvreter sê sy wil haar voortaan toespits op introspeksie en om weer te fokus.
Derhalwe vra sy dat haar privaatheid gerespekteer word.
Hanse-Himarwa sê voorts die laaste ruk was “’n ongelooflik moeilike en emosionele tydperk vir my en my gesin. Hul liefde en ondersteuning was ’n kernelement in my vermoë om die aanslae op my karakter te weerstaan.”
Sy het deurgeloop onder ongegronde beskuldigings en moes beledigings verduur, lui die bedankingsbrief aan die land.
“Dieselfde geld vir my uitgebreide familie, gemeenskap en vriende.”
Sy bedank dié mense vir hul onvoorwaardelike liefde en steun. “Ek het oproepe ontvang van mense uit alle uithoeke, insluitend diegene met wie ek politieke verskille gehad het, en ek is dankbaar vir hul herinnering dat die Here ons toevlug is.”
Hanse-Himarwa sê sy verstaan die erns van haar skuldigbevinding aan korrupsie.
Hiernaas is sy bewus van pres. Geingob se sterk standpunte oor deursigtigheid en verantwoordbaarheid.
Dit is om daardie rede dat sy versoek het om onmiddellik van haar pligte as onderwysminister onthef word.
Sy bedank voorts vir Geingob vir sy leierskap. Volgens haar was dit ’n eer en voorreg om onder die staatshoof te dien en sy het baie lesse geput uit dié kabinetservaring.
Een van haar waarnemings, lui die brief, is ’n bewuste poging om die staatshoof in ’n negatiewe lig te plaas en sy leierskap te verwater.
“Ek vra om verskoning vir hom en die Namibiese mense omdat ek weet hierdie skuldigbevinding is ’n bron van teleurstelling en ontsteltenis vir baie wat my ken.”
Toe sy in Maart 2015 in die pos as onderwysminister aangestel is, het sy onder meer onderneem om die Grondwet te gehoorsaam en Namibiërs na die beste van haar vermoë te dien, sê sy.
Sy het volgens haar dié onderneming gestand gedoen en haar bedanking is deel van hierdie plig.
Trotse oudminister
Sy sê sy is verskriklik trots op wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sedert haar aanstelling bereik het.
Te danke aan ’n toegewyde en hardwerkende span het die ministerie daarin geslaag om ’n kultuur te vestig waar wedersydse respek, samewerking en die uitsluitlike strewe om die leemtes binne die basieseonderwysstelsel te oorbrug, sê sy.
Geingob bedank haar
Die staatshoof bedank Hanse-Himarwa vir haar toewyding en lojaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie