Katiti in die pad gesteek
Die raad van die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) het Vrydag hul uitvoerende hoof, mnr. Augustinus Katiti, afgedank.
Volgens die raadsvoorsitter, dr. Diina Shuuluka, is die besluit om Katiti se diens onmiddellik te beëindig tydens 'n buitegewone raadsitting op 30 Augustus geneem.
“Die besluit is onder meer die gevolg van jou beginsellose gedrag waardeur jy voortdurend politieke ingryping in jou heraanstelling nagejaag het, en om dissiplinêre stappe te staak wat teen jou onderneem is.
“(Dit is ook) omdat jou verdediging in die media onderneem is, in plaas van tydens die verhoor, en daardeur is die onredelike vertraging in die afhandeling van die dissiplinêre verhoor veroorsaak,” het Shuuluka gesê in die brief wat aan Katiti oorhandig is.
“Jou optrede het ten doel om die wettige dissiplinêre optrede en verhoor teen jou te verhinder en sodoende is die voortsetting van jou dissiplinêre verhoor in die gedrang gebring.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie