Katima skud sy vere reg vir stemmery
Die aanvullende registrasieproses vir die streekraadsverkiesing van die Katima Mulilo Stedelike-kiesafdeling het Maandag afgeskop en loop vandag ten einde.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) moedig stemgeregtigde kiesers aan om te registreer om hul kruisie op 25 Augustus in dié tussenverkiesing te kan trek.
Volgens me. Clarina Diaz, die ECN se toesighouer van registrasies, verloop die voorbereidings vlot en is hulle besig om stemkaarte by die registrasiepunte uit te reik.
Sy sê net drie dae is vir die aanvullende registrasie opsy gesit, omdat ’n soortgelyke proses ses maande gelede in dié kiesafdeling plaasgevind het.
Die huidige aanvullende registrasieproses is gemik op kiesers wat sedert die vorige registrasie 18 jaar oud geword het, hoewel stemgeregdigdes wat nuut in die streek is, of wat hul stemkaarte verloor het, ook van die geleentheid gebruik kan maak.
GENOODSAAK
Die komende verkiesing is genoodsaak nadat mnr. John Muchila Mukaya op 26 Mei oorlede is. Volgens die verkiesingswet moet die ECN in só ’n geval ’n tussenverkiesing binne 90 dae in die betrokke kiesafdeling hou.
In ’n nuusvrystelling het mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte van die ECN, oor die voorbereidings uitgebrei. Volgens hom is 36 registrasiebeamptes vir die registrasieproses aangestel, opleiding was van 15 tot 19 Junie terwyl kiesmateriaal op 16 Junie onder polisiebewaking na die kiesafdeling vervoer is.
“Altesaam ses voertuie is vir verkiesingsdoeleindes verskaf en ses spanne is saamgestel om 17 mobiele stempunte te beman. Hulle is vanaf Sondag 20 Junie ontplooi,” sê hy.
Vanaf 7 Junie tot vandag is die ECN besig met kiesersopleiding en ’n opvoedkundige veldtog met doelgerigte boodskappe vir verskeie groepe van die plaaslike gemeenskap.
Die ECN het ook die nasionale uitsaaier se radiostasies en sosiale media gebruik om inligting aan die publiek te versprei.
Mujoro beklemtoon dat registrasiebeamptes by al die registrasiepunte streng aan Covid-19-maatreëls voldoen.
Hy moedig kiesers aan om gedurende die registrasieproses hul maskers te dra, sosiale afstand te handhaaf en hande te was of ontsmettingsmiddels te gebruik.
Enige navraag oor die registrasieproses kan aan me. Clarina Diaz by 081 388 5990 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie