Kasi Vibe is hier!
Yolanda Nel – Die lang wag vir die baie gewilde Kasi Vibe-fees is uiteindelik verby.
Hierdie fees, wat jaarliks ’n horde mense lok, vind van vandag af tot Sondag by die Sam Nujoma-stadion in die hoofstad plaas.
Kasi Vibe is 'n kwartaallikse geleentheid en hierdie week se viering sal volume 4 wees.
"Dit sal groter en beter wees, en ons het daarin geslaag om meer uitstallers te kry, wat vanjaar baie opwindende produkte gaan hê. Kasi Vibe is die perfekte geleentheid vir jong, opkomende entrepreneurs om hul werk te vertoon," het Salmi Shigwedha, skakelbeampte van die Kasi Vibe-fees, gesê.
Vir vanjaar se fees het die organiseerders ook sportaktiwiteite bygevoeg, onder meer aktiwiteite soos touch rugby, 7-a-side sokker en bootcamp.
"Deur hierdie aktiwiteite by te voeg, word meer meer waarde by die geleentheid gevoeg," het sy gesê.
Volgens Salmi is Kasi Vibe 'n platform wat beoog om jong entrepreneurs die geleentheid te bied om hul innoverende idees ten toon te stel en om deelnemers te help om hul handelsmerke te bou en hulle in die proses te bemagtig.
Kaartjies vir die geleentheid is N$30 aanlyn en N$40 by die hekke.
Volume 5 word op 30 November tot 2 Desember gehou. Vir besonderhede oor stalletjies, kontak Salmi by 081 257 9028.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie