Kasi Vibe-fees kom in Maart
Kasi Vibe Namibia bied met trots vanjaar volume 8 aan.
Volgens die organiseerders is die voorbereiding van die gewilde fees reeds onderweg. Dit word vanaf 6 tot 8 Maart by die Sam Nujoma-stadion in die hoofstad gehou.
Vanjaar word die fees ook in Walvisbaai aangebied. Dit sal vanaf 10 tot 12 April by die Kuisebmund-stadion gehou word.
Kasi Vibe is 'n platform wat beoog om jong entrepreneurs die geleentheid te bied om hul innoverende idees ten toon te stel en om deelnemers te help om hul handelsmerke te bou en in die proses te bemagtig.
Die fees word elke jaar groter en beter en fokus op kuns, kos en mode.
Kasi Vibe moedig belangstelling in besigheid en entrepreneurskap aan, om die ekonomie te bevorder en ’n bydrae aan die gemeenskap te lewer.
Die fees is vir die eerste keer in 2017 aangebied en sal voortgaan om plaaslike klein- en mediumondernemings te help ontwikkel om Visie 2030 ’n realiteit te maak.
Om die aansoekproses te vergemaklik is ’n digitale platform geskep. Entrepreneurs word aangemoedig om stalletjies te bespreek.
Alle belangstellendes kan www.kasivibenamibia.com besoek vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie