Karsten verruil Dublin vir Lublin
Rugby
Andrew Poolman – Die jong skrumskakel Louis Karsten is vasberade om uitstekende rugby vir sy nuwe Poolse klub Edach Budowlani Lublin te lewer en die grondslag vir 'n goeie loopbaan as beroepspeler te lê.
Die oudskolier van Windhoek Afrikaanse Privaatskool was 'n wedstrydwenner vir die skool se nasionale kampioenspanne van 2018 en 2019.
Sondag het hy in die beginspan sy debuut gemaak vir die klubspan geleë in Lublin, die negende grootste stad in die sentrale deel van Pole.
“Dit was lekker om 'n slag weer rugby te kan speel. Dit was my eerste wedstryd sedert ek in 2019 matriek was, afgesien van een naweek se tienmanrugby in Februarie 2020, toe ek vir FNB Wanderers (in die toernooi van Trustco United) gespeel het.
“Sondag se wedstryd was baie fisiek en hard. Die tempo was nie juis vinnig nie en die span teen wie ons gespeel het, is bekend daarvoor dat hulle op 'n fisieke spelpatroon staatmaak en altyd veral voorlangs baie sterk is.
“Ons het ongelukkig die wedstryd met 10-34 verloor. Ons voorspelers het maar swaargekry.
“Ons volgende wedstryd is oor twee naweke teen 'n span wat nie so hoog gereken word nie.
“Sover geniet ek my ervaring hier. Die mense laat jou baie welkom voel; hulle hanteer ons met respek en maak seker ons word goed versorg.
“Pole is onder inperking en ons beweeg dus nie juis rond nie. Restaurante is byvoorbeeld nog toe, maar ons is bevoorreg om rugby te kan speel. Die mense maak dit lekker hier en ek het niks om oor te kla nie.”
Vanaf Oktober laasjaar totdat hy op 22 Februarie na Pole vertrek het, was Karsten by die Ierland Rugby-akademie in Dublin, wat tot sy eerste kontrak as beroepspeler in Europa gelei het.
“Sedert ek by die akademie in Ierland aangekom het, het ons elke dag oefensessies op die rugbyveld en in die gimnasium gehad. Afgesien hiervan het ons ook klasse in krag- en kondisioneringsafrigting gehad om ons akademiese kwalifikasies te verbeter.
“Dan van Zyl (voormalige skrumskakel van die Springbokke, Bulle en Pumas) as hoof van die Ierland-akademie het baie kontakte in die rugbywêreld en dit is danksy sy toedoen wat ek die aanbod gekry het om hierheen te kom.
“Ek het eers net vir een seisoen geteken, wat in Junie verstryk. In Ierland kon ons nie wedstryde speel nie, maar nou het ek die geleentheid om videomateriaal uit wedstryde te kry waarmee Dan met sy kontakte van rugbyagente oor die wêreld heen 'n volgende geleentheid kan skep.
“Ek is bereid om in enige land te gaan rugby speel, maar ek glo dat klubs in Frankryk of die VSA van die volgende goeie geleenthede kan inhou.”
• Die gewese Namibiese toetslosskakel PW Steenkamp het ook onlangs in die Poolse liga vir Orkan RC Sochaczew begin speel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie