Karkasse in polisie-minibus
Tanja Bause
'n Polisievoertuig met stukke gemsbokkarkas, asook 'n vlakvarkkarkas, het Dinsdag omstreeks 02:44 op die Westelike verbypad omgeslaan.
'n Getuie wat kort ná die ongeluk op die toneel afgekom het, het gedink dit is menslike oorskot wat langs die pad lê.
“Ek het uit die voertuig geklim en gesien dit is opgekerfde gemsbokkarkasse, asook 'n vlakvarkkarkas. 'n Polisieman was erg beseer, terwyl twee ander mense, vermoedelik plaaswerkers, lig beseer was,” het die getuie gesê.
Volgens adj.komm. Edwin Kanguativi, woordvoerder van die Namibiese polisie, was daar drie insittendes in die minibus met die registrasiemerk Pol 7853, wat een polisiebeampte en twee burgerlikes insluit.
Hy het bevestig twee gemsbokkarkasse en een vlakvarkkarkas is op die toneel gevind.
Klagte van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur en die besit van wild sonder 'n permit is teen die polisiebeampte aanhangig gemaak.
Die polisiebeampte is deel van die diplomatieke afdeling van die Namibiese polisie se eenheid vir baie belangrike persone.
Hy is steeds in die hospitaal onder polisiebewaking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie