Karibib-skou gee dorp hupstoot
Vanjaar se Karibib-skou sal dié dorp se vyfde wees.
Volgens 'n verslag van Karibib se dorpsraad is die dorp hard besig met voorbereidings vir vanjaar se Karibib Travel Tourism-uitstalling (KTTF).
Dié dorp is strategies op die B2- nasionale pad, sowat 180 km wes van die hoofstad, geleë en dien as poort na die Erongostreek.
Die eerste KTTF het in 2014 plaasgevind en sedertdien brei die skou jaarliks uit.
Vanjaar se uitstalling sal van 30 Mei tot 2 Junie plaasvind met die tema “Karibib, erfgoed en toerismebou”.
Die skou fokus daarop om beleggers na die dorp te lok, die plaaslike ekonomie 'n hupstoot te gee en om 'n platform te skep vir maatskappye en klein en medium sakeondernemings (SME's) om hul produkte en dienste aan 'n groter mark bloot te stel.
Mnr. Engel !Nawatiseb, adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie (ITC), het gesê byeenkomste soos dié koester vertroue in die dorpsraad onder gemeenskapslede.
!Nawatiseb is deur me. Natalia |Gôagoses, voormalige hoof- streeksbeampte van die Erongostreek, as beskermheer van die raad aangewys.
'n Fondsinsamelingsdinee sal op 21 April by die Usab-gemeenskapsaal plaasvind.
Kaartjies hiervoor beloop N$1 000.
Om die jeug te betrek, sal 'n Mej. KTTF-kompetisie ook tydens die skou gehou word.
Die amptelike opening sal op 31 Mei plaasvind en !Nawatiseb sal dit na verwagting bywoon.
Prominente lede van die sakegemeenskap, voornemende beleggers en plaaslike en streeksowerhede is ook na die geleentheid genooi.
Volgens die verslag sal onder meer 'n veeskou en musiekfees skougangers vermaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie