Karateka maak trots in Kaap
’n Paar van die Karate Zen dojo (klub) op Ongwediva se jong karateka het die afgelope naweek aan die Kaapstad Karate Ope kampioenskap gaan deelneem. Mareli Kotze, Eras Viljoen en Ané Olivier het almal bronsmedaljes huis toe gebring. Al drie is in die ouderdomsgroep 8-9 jaar, waar altesame 28 seuns en 16 meisies meegeding het. Net ses Namibiërs, almal van dié noorde-klub, het in die Kaap gaan meeding vanweë komende Saterdag se nasionale kampioenskap vir alle style van die Namibiese Karate-unie in Windhoek. Bykans 300 karateka van dwarsoor die land sal byeenkom vir die skouspel in die JKA-saal (Koinsebstraat 2, Kleine Kuppe) wat vanaf 07:00 tot 16:00 sal duur. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie