Karate-span oorgehaal vir Afrika-spele
Karate
Ses uitgesoekte atlete van die Namibiese nasionale karatespan is oorgehaal om vir die land medaljes by die Afrika-spele in Marokko te gaan verower. Die karate-kompetisie begin komende Saterdag.
Die groepie het laas Sondag 'n vyfdaagse oefenkamp by die Swakopmund Binnenshuise Sportkompleks (The Dome) afgesluit.
Die oefenkamp was die eerste van sy soort en is moontlik gemaak deur die Namibiese Sportkommissie, in samewerking met Namscore Consultancy Namibia en Connecting People to People. In die vier dae van intensiewe fisieke en geestelike oefening is ook aandag aan aspekte soos sportsielkunde, voeding en spanwerk gegee.
Vanjaar se karatespan na die Afrika-spele bestaan uit Suzelle Pronk (spankaptein), Stefan van der Merwe (onderkaptein), Bryan Nakambonde, Lilly Mwiya, Michael Nakapandi en Mechelle Tjimuku.
Hulle word na Marokko vergesel deur die nasionale afrigter, sensei Llewellyn Manale, en spanbestuurder Marchelle de Jager.
Oor die oefenkamp en sy karateka se gereedheid het sensei Llewellyn gesê: “Ons het die tyd gebruik om gefokus e raak op die taak wat voorlê. Die Afrika-spele is ons kontinent se Olimpiese Spele en ons atlete het die beste platform gehad om voor te berei. Nou is dit tyd om uit te gaan en ons land trots te maak.
“Die spangees is baie goed en ons atlete is ten volle gefokus om baie goed te vaar.”
Die Namibiese Karate-unie wens sensei Llewellyn en sy karateka alle voorspoed toe en spreek opnuut sy dank uit teenoor Namscore, Connect People to People en die Namibiese Sportkommissie wat alles moontlik help maak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie