Karas Spar kry nuwe gesig
Bestuur sorg vir ’n groente-, vrugte- en wegneemete-afdeling. Daar is baie kundigheid wat van die plaaslike bevolking gekry kan word.
Die Karas Spar op Karasburg is onlangs opgeknap en is een van die grootste nuut-opgegradeerde supermarkte suid van Keetmanshoop.
Die inkoopsentrum bevat nou ‘n nuwe groente-, vrugte- en wegneemete-afdeling en beskik oor nuwe eilandyskaste en verskeie ander toerusting.
Onder leiding van die nuwe eienaar, mnr. Johan van Rooyen, boorling en plaasboer van Karasburg, voldoen die winkel aan alle Spar-vereistes en spog dit ook met die nuutste toevoeging tot die Spar-reeks, Chicka Chicken.
Van Rooyen het in Junie 2013 die leisels van die Spar by die vorige eienaar, mnr. Abré Maritz, se vrou Hilda, oorgeneem nadat hy in Maart 2010 verongeluk het. Sy het daarna besluit om die winkel te verkoop, wat toe as XL Spar bekendgestaan het.
Die nuwe eienaar het met die intrapslag die bul by die horings gepak en met die hulp van ‘n gedugte personeelspan, asook Van Rooyen se vrou en ouers, dadelik met die opgraderings begin.
“Ek het die potensiaal van die winkel besef. Dit is vir my belangrik om, tesame met ander ondernemings en die ministerie, die dorp op te gradeer. Die werkloosheidsyfer word ook sodoende verminder,” het Van Rooyen gesê.
Hy sê die nuwe Karas Spar beskik nou oor ’n vulstasie met vriendelike, behulpsame diens en brandstof wat 24-uur beskikbaar is. Daar is ook ’n 24-uur kiosk met wegneemetes en basiese benodigdhede, asook veilige parkering.
Die opgraderings het 13 maande geduur en die amptelike opening het op 28 Augustus 2014 plaasgevind. Die goewerneur van die //Karas-streek, mnr. Bernadus Swartbooi, die burgemeester van Karasburg, me. Caroline Arendse en mnr. Francois Lotter van Spar se hoofkantoor was sprekers by die geleentheid.
Om die opening te vier, bied Karas Spar vir twee weke “Re-launch specials”, met pryse om te wen. Dit sluit in ’n Philips radio/CD-stel, geskenkpakke van Nivea, Namib Mills en vele meer.
Karas Spar bied ook maandelikse geskenkbewyse te wen ter waarde van N$6 600 aan. Al wat jy moet doen om te kwalifiseer vir die trekking, is om by die Spar, Tops of die vulstasie jou aankope te doen.
“Hierdie is maar net een van die maniere waarop Karas Spar in die gemeenskap terugploeg om dankie te sê en die dorp te ontwikkel,” sê Van Rooyen. Hy beplan ook om die vulstasie in die nabye toekoms te verbeter.
Van Rooyen het ’n bietjie agtergrond oor die geskiedenis van die Spar gegee.
“Karasburg Handelshuis was een van die eerste besighede op Karasburg wat handel gedryf het as ’n kruideniersware-winkel. Al wat ons weet, is dat die stigterslede van Joodse afkoms was,” sê Van Rooyen.
Hy vertel dat mnre. Abè Malherbe en Jan van Wyk – laasgenoemde was ook Karasburg se eerste burgemeester – later jare die onderneming gekoop het.
“Daarna het mnre. Daan de Villiers en Jannie van Wyk (jr.) hulle by die ander twee aangesluit en ’n gedugte maatskappy wat uit n paar vennote bestaan het, is op die been gebring.”
Die XL-garage en vulstasie, wat aan die oorkant van die pad geleë is, is in 1942 bekom. Dit is die gebou waarin die huidige Karas Spar geleë is.
“Waar die naam XL vandaan kom, is onbekend. Dit was bestuur deur De Villiers en Van Wyk (jr.), terwyl Van Wyk (sr.) en Malherbe steeds as Karasburg Handelshuis sake gedoen het, ” sê Van Rooyen.
Hy sê voorts XL het bestaan uit ’n Ford-agentskap, voorsien van ’n vertoonlokaal, volledige werkswinkel, groot onderdele-afdeling, ’n kafee, spuitverflokaal, en ’n tweedehandse motorafdeling.
“Dit was ’n ware spogonderneming vir daardie jare,” sê hy.
“Die agterste hoek van die gebou waar die bakkery vandag is, is destyds aan Standard Bank verhuur. Later is ’n woonstel aangebou. Mnr. Frans Maritz, wat eers as bestuurder by die Handelshuis werksaam was, is later bevorder tot bestuurder. Hy is later met Van Wyk (sr.) se dogter getroud en hulle het met die onderneming voortgegaan en later volle eienaarskap bekom,” sê Van Rooyen.
Maritz se seun, Abraham (beter bekend as Abré) het later die onderneming by sy pa oorgeneem. Saam met sy vrou, Hilda, was hulle in 1978 die trotse stigterslede van die eerste Spar in Namibië, destyds Suidwes-Afrika. XL Spar en Vulstasie het oor ’n bakkery, slaghuis, wegneemetes en hardeware-afdeling beskik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie