Karan Beef: Berigte oor transaksie ‘ongegrond’
Die maatskappy se bestuur sal volgens Bloomberg die Openbare Beleggingskorporasie vir finansiering vir ’n bestuursuitkoop nader.
Vida Booysen - Berigte dat Karan Beef se bestuur die maatskappy wil uitkoop met finansiering van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is glo ongegrond.
Volgens Anso Bracken, bemarkingsbestuurder van die grootste voerkraal in Afrika, is die berig wat Dinsdagoggend vroeg op die nuusdiens Bloomberg verskyn het, “blote bespiegeling” en is Karan Beef onseker waar die inligting vandaan kom.
By navraag het Bracken bevestig Ivor Karan, die onderneming se stigter, besit dit steeds.
Karan het die onderneming volgens Karan Beef se webwerf in 1974 op die familieplaas naby Heidelberg begin met net 100 beeste.
Vandag het Karan Beef ’n kudde van meer as 150 000 beeste. Die onderneming se bedrywighede sluit onder meer ’n abattoir op die nabygeleë Balfour asook ’n verspreidingsentrum in.
Karan Beef se bestuur sal volgens Bloomberg die OBK vir finansiering vir ’n bestuursuitkoop nader.
Die OBK bestuur die pensioenfondse van Suid-Afrika se staatsdienswerkers.
’n Bestuursuitkoop is die aankoop van ’n beherende belang in ’n maatskappy deur sy uitvoerende direkteure en/of bestuurders.
Die onderneming se waarde word deur Bloomberg op R6 miljard geraam. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie