Karaktertoets wag op Phuzi teen Muller
Boks
Michael Green – Alan Toweel beskryf sy bokser Akani Phuzi se komende herontmoeting teen Johnny Muller as ’n “groot karaktertoets”.
Muller het Phuzi, wat in daardie stadium nog onoorwonne was, in Desember in Kempton Park oortuigend met punte verslaan.
Die strydros het Phuzi ook vir die eerste keer in sy loopbaan op die planke laat beland.
“Dit gaan beslis vir Akani ’n groot karaktertoets wees om weer teen Johnny te boks. Dis egter ’n geveg waarvoor hy nie nee kan sê nie, want daar is nie soveel junior-swaargewigte in ons land nie,” sê Toweel.
Muller en Phuzi moet nog die kontrakte onderteken, maar hulle sal volgens Toweel mekaar op 19 Junie by Emperors Palace in Golden Gloves se toernooi pak.
Hulle twee het in 2020 teen mekaar in Golden Gloves se uitklopreeks vir junior-swaargewigte geboks.
Muller was veronderstel om hierdie jaar in die eindronde van die reeks teen Lebo Mashitoa, wat in die ander uitdun vir Keaton Gomes geklop het, te baklei.
Mashitoa het intussen na die ligswaargewig-afdeling afgeskuif en is ’n paar weke gelede deur Luvuyo Sizani in die tweede ronde uitgeslaan.
Muller wou op sy beurt binnekort in Duitsland gaan boks het, maar dié geveg het deur die mat geval.
“Ek sien daarna uit om weer teen Akani te boks. Hy moet maar hard oefen, want ek gaan hom weer opfoeter,” waarsku Muller.
“Ek hoop net daar sal teen daardie tyd al toeskouers by die toernooi toegelaat word, want dit voel of jy in ’n kerk baklei as hulle nie daar is nie.”
In die hoofgeveg van die toernooi sal Lodumo Lamati en Jose Martin Estrada Garcia van Mexiko sake vir die vakante junior-veergewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie uitspook.
Die knap junior-middelgewig Brendon Thysse sal in nog ’n geveg teen Tomi Silvennoinen van Finland te staan kom.
Nog twee junior-middelgewigte, Roarke Knapp en Benoit Makangila Vela van die Kongo, is ook deel van die program.
Volgens Toweel is daar ’n kans dat sy swaargewig Wilhelm Nebe ook in aksie kan wees.
Daar was onlangs sprake dat Nebe teen Josh Pretorius gaan veg, maar dit klink of hy nou eers teen iemand anders, wat nie so ervare soos Pretorius is nie, te staan gaan kom.
– Netwerk24
FOTO
Johnny Muller het Akani Phuzi in hul vorige kragmeting ’n keer planke toe gestuur. Phuzi hoop om in Junie beter te vaar wanneer hulle weer kragte meet. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie