Kapika voer leierstryd verder
Die hooggeregshof het beslis die minister het nie die reg gehad om die Ombuku-gemeenskap se leier aan te stel nie.
Catherine Sasman – Mnr. Hikuminue Kapika het aangedui hy sal teen 'n hooggeregshofbesluit appelleer wat hom as kaptein van die Kapika- tradisionele owerheid verwyder, terwyl hy vootgaan om die Baynes-hidroëlektriese dam-projek te steun.
Kapika het 'n hofuitdaging om opperhoofskap teen sy jonger broer, mnr. Mutaambanda Kapika, verloor toe die hooggeregshof 'n besluit van die voormalige minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, ter syde gestel het om hom as hoofman aan te stel.
Die hofsaak sentreer rondom Hikuminue se ommekeer oor die voorgestelde Baynes-hidroëlektriese dam toe hy, nadat hy aanvanklik teen die bou van die dam gekant was, toestemming gegee het dat die projek mag voortgaan - ondanks sy mense se teenkanting.
Mutaambanda het die hooggeregshof in Augustus 2017 vir die eerste keer genader om die voormalige minister se besluit teen te staan om Hikuminue as hoofman aan te stel.
Mutaambanda hou vol hy is in Maart 2014 as die nuwe tradisionele hoof verkies ná Hikuminue verwyder is uit die posisie wat hy sedert 1982 beklee het.
Die hooggeregshofregter Shafimana Ueitele het in sy uitspraak gesê hoewel dit blyk Hikuminue het sy gemeenskap sedert 1982 eervol gelei, het sekere gebeure gedurende 2013 en 2014 sy leierskap "versteur".
In die uitspraak word beweer drie sakemanne, mnre. Unotjari Katjimune, Mervin Hengari en Justice Tjirimuje, het Hikuminue verskeie kere genader om sy goedkeuring vir die konstruksieprojek te kry.
Die drie sakemanne het na bewering gereël dat ’n afvaardiging van die hoofman hidroëlektriese projekte in China besoek.
Die afvaardiging het in November 2013 vanaf China na Epupa teruggekeer.
Hikuminue was veronderstel om ’n vergadering met die gemeenskap te hou om die saak te bespreek, maar het na wat verneem word vir ’n maand lank verdwyn en is later op die plaas Omuserakuumba, wat aan een van die sakemanne behoort, in die Okahandja-omgewing opgespoor.
Toe hy hieroor gekonfronteer is, het Hikuminue na bewering gesê hy het tyd nodig om te herstel en het eers in Maart 2014 na Epupa teruggekeer.
Met sy terugkeer na Epupa is hy deur ongeveer 15 Namibiese polisiebeamptes bewaak en het hy na bewering geweier om met sy gemeenskapsleiers te kommunikeer of om enige vergaderings te hê.
Hy het glo ook geweier om met sy raadslede te vergader, wat aanleiding gegee het tot die tradisionele raadslede se ontslag.
In dié tyd het hy op NBC verskyn en verklaar hy sal die bou van die dam nie langer teenstaan nie.
In reaksie hierop het die oudstes van die Ombuku- tradisionele gemeenskap in Maart 2014 'n openbare vergadering by Omuhonga gehou, wat glo deur 625 mense bygewoon is en waartydens besluit is dat Hikuminue as hoofman verwyder sou word.
Mutaambanda het ná hy as nuwe hoofman verkies is in Maart 2015 aansoek gedoen om deur die minister erken te word.
Shaningwa het nie hierop gereageer nie en het in April 2016 gereël dat Hikuminue as hoof aangestel word, aangesien hy nooit amptelik deur die Namibiese regering erken is nie.
Sy aanstelling is vir die eerste keer in Junie 2016 in die Staatskoerant gepubliseer.
Mutaambanda het in die hof gesê Shaningwa het die Ombuku-gemeenskap se gewoonteregwette en -norme nie in haar aanstelling van Hikuminue oorweeg nie, omdat sy nie die tradisionele gemeenskap oor die saak geraadpleeg het nie.
Regter Ueitele het in sy uitspraak gesê toe Mutaambanda aansoek gedoen het om as hoofman erken te word, was daar eintlik geen "sittende hoof" van die Ombuku-gemeenskap nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie