Kapia su00ea oor SSC-belegging
Kapia su00ea oor SSC-belegging

Kapia sê oor SSC-belegging

Jessica Botes
Jessica Botes – Getuienis is gister deur ‘n voormalige leier van die Swapo-jeugliga gelewer oor sy betrokkenheid by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) se N$30 miljoen-belegging in Avid Investment Corporation wat glo verduister is.
Die sewe beskuldigdes, mnre. Mathias Shiweda, Paulus Ilonga Kapia, Otniel Podewiltz, Ralph Blaauw, Nicolaas Cornelius Josea en mee. Inez /Gâses en Sharon Lynette Blaauw, se verdediging het gister begin nadat hul aansoeke om ontslag verlede jaar deur regter Christie Liebenberg van die hand gewys is.
Liebenberg het destyds gelas dat die vervolging van die sewe beskuldigdes op ’n klag van die roekelose of bedrieglike doen van sake voortgesit moet word. Kapia, /Gâses, Podewiltz en die Blaauw-egpaar se aansoeke om op ’n klag van bedrog ontslaan te word, is ook ter syde gestel. Josea staan verder alleen op ’n klag van diefstal tereg.
Die staat beweer die beskuldigdes het vanaf 2004 tot 2005 altesaam N$30 miljoen wat deur die SSC in Avid belê is, na ander rekeninge oorgeplaas. Sowat N$29 500 000 van die SSC se belegging was glo gekanaliseer na Namangol Investments, die batebestuursmaatskappy van Josea wat toe N$20 miljoen na mnr. Allan Rosenberg se bankrekening in Suid-Afrika oorgeplaas het.
Nadat ’n hofbevel in Suid-Afrika teen Rosenberg uitgereik is om die geld terug te betaal, is bykans N$15 miljoen aan Josea terugbetaal. Dié geld is toe glo vinnig tussen ’n groot aantal begunstigdes verdeel.
Die 48-jarige Kapia was die eerste beskuldigde wat gister ter verdediging van homself na die getuiebank geroep is. Kapia wat destyds die leier van die Swapo- jeugliga was, het getuig dat Ralph hom in 2004 genader het om as ‘n direkteur by die maatskappy aan te sluit. Ralph het glo ook ingestem dat die jeugliga tussen 3% en 5% aandele in Avid kan kry.
Tydens ‘n vergadering op 24 Januarie 2005 met die voormalige bestuurder van finansies en administrasie by die SSC, mnr. Avril Godfried Green, en die voormalige bestuurder van korporatiewe finansies by die SSC, mnr. Gideon Fredrick Mulder, is Kapia glo deur die voormalige hoof uitvoerende beampte van die SSC, mnr. Tuli Hiveluah, gevra vir ‘n lys van die direkteure en aandeelhouers van Avid.
Hulle wou glo ook weet wie die belegging sou hanteer en wat wyle Lazarus Kandara se betrokkenheid by Avid was. Hy het glo vir Hiveluah gesê hy het nog nooit gehoor dat Kandara ‘n aandeelhouer van Avid was nie en dat hy bloot ‘n konsultant was.
“Shiweda het eers teen die einde van Mei 2005 vir my vertel van die probleme met die SSC se belegging. Ek was nooit van plan om geld by die SSC te steel of om hulle te mislei nie. Vir my het dit gevoel na ‘n goeie geleentheid waar Namibiërs ook deel van beleggings kan wees,” het Kapia getuig.
Volgens hom het hy en sy medebeskuldigdes nooit die idee gedeel dat hulle geld sou steel nie en dat hulle nooit van plan was om die geld na Namangol te kanaliseer vir selfverryking nie.
“Die plan was om die geld te belê en dit met rente aan die SSC terug te betaal en om minstens kommissie as ‘n wins in te samel,” het Kapia gesê.
Kapia het volhou dat hy nooit vir Hiveluah, Mulder of Green probeer beïnvloed het om in Avid te belê nie; inteendeel, hy het glo vir hulle gesê hulle moet nie in Avid belê as hulle nie gemaklik voel nie.
“Ek het vir hulle gesê Avid is ‘n klein, nuwe maatskappy en dat hulle die korrekte prosedures met betrekking tot beleggings moet volg,” het hy getuig.
Mnr. Sisa Namandje tree namens Kapia op terwyl mnr. Werner Boesak vir /Gâses optree. Mnr. Jan Wessels verteenwoordig Shiweda, mnr. Slysken Makando verteenwoordig Josea en mnr. Gilroy Kasper verteenwoordig Podewiltz en die Blaauw-egpaar. Die verhoor word vandag voortgesit.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.77 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.96/OZ UP +0.38% | Copper US$ 4.97/lb UP +1.81% | Zinc US$ 3 025.30/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 82.29/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 1 044.93/OZ UP +0.11% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.77 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.96/OZ UP +0.38% | Copper US$ 4.97/lb UP +1.81% | Zinc US$ 3 025.30/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 82.29/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 1 044.93/OZ UP +0.11%