Kans vir Connor om nóg te klim
Nege lande van Suider-Afrika stuur hul seuns en meisies om vir die Windhoek-titels te kom meeding.
Andrew Poolman - Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) en die Konfederasie van Afrika-tennis (CAT) se jaarlikse onder 14 en o.16-toernooi vir individue en spanne word in Windhoek aangebied en duur vanaf komende Vrydagoggend 10 tot Sondag 19 Januarie.
Wedstryde sal by twee klubs se bane gespeel word, naamlik Sentraal asook Sportklub Windhoek (SKW) wat beide in Olympia geleë is.
Tien lande het bevestig dat hulle vanjaar deelneem. Angola, eSwatini, Mauritius, Botswana, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe sal teen Namibië se A- en B-spanne in kompetisie wees.
Die somtotaal van 101 ingeskrewe spelers word deur 15 afrigters vergesel.
In die enkelspelkompetisie sal 24 Namibiese spelers deelneem en 12 in die spankompetisie.
Die toernooiskeidsregter is mnr. Shepherd Manyumbu van Zimbabwe.
Die toernooi strek nou 'n dag langer as verlede jaar – 'n wysiging vanweë die druk om veral die individuele kompetisie se wedstryde binne vier dae ingepas te kry. Daar is nou vyf speeldae vir die individuele kompetisie en vyf vir die spankompetisie.
Connor van Schalkwyk, verreweg die hoogste gerekende Namibiër op die junior wêreldranglys, sal weer vanjaar deelneem.
Die gebore Windhoeker maak hom gereed om nou in sy tweede jaar in die o.16-ouderdomskategorie mee te ding (hy word einde November 16) en waarnemers reken hy staan 'n realistiese kans om goed te vaar in die individuele kompetisie, asook in die dubbelspel saam met sy spanmaats George Louw en Daneel van der Walt.
Dié drietal het reeds tevore 'n bronsmedalje vir Namibië by die Suidelike Afrika-kampioenskap losgespeel en hulle is oorgehaal om op dié prestasie voort te bou.
Toe die ITF se junior wêreldranglys eergister op datum gebring is, het Connor van Schalkwyk tot die hoogste posisie van sy loopbaan opgeskiet, naamlik 337ste. Dit is 'n reusesprong teenoor die 517de van die vorige week, grootliks vanweë die Nuwejaar se weglating van alle spelers gebore in 2001 wat nou nie meer o.18 is nie.
Gedurende April verlede jaar was hy nog as 704de gereken.
STELSELMATIGE OPGANG
In werklikheid het Van Schalkwyk verlede jaar veel minder uitnodigings na toernooie gekry as toe hy onder 14 gespeel het. Die vooruitsig is egter dat hy nou in sy tweede jaar as o.16-speler meer speelkanse sal kry as die 14 toernooie van 2019.
“Die tree vanaf ITF o.14- tot o.18-vlak is groot en jy moet 'n baie hoë ranglysplek hê om na Orange Bowl- of sulke toernooie genooi te word,” sê sy ma, Ronel van Schalkwyk.
“Nogtans het Connor verlede jaar sy beperkte geleenthede teen sterk opposisie redelik goed benut, soos in sy vordering op die ranglys weerspieël word. Hy het 'n paar goeie uitslae behaal, soos om drie keer tot die kwarteindronde van Graad 4-toernooie en selfs die semifinaal in 'n graad 5-toernooi te haal.”
Connor en sy ouer broer Codie het verlede jaar die eerste keer saam 'n dubbelspeltitel gewen, naamlik in 'n Graad 4-toernooi in Tunisië. Saam met ander dubbelspelmaats het Connor ook twee keer tot semifinale deurgedring.
Die Van Schalkwyks woon reeds die afgelope jare in Marokko sodat die twee seuns die ITF-sentrum in dié land as oefenbasis kan gebruik.
Die Namibiese spanne vir die Windhoek-toernooie:
O.16 seuns A-span: 1 Connor van Schalkwyk, 2 George Louw, 3 Daneel van der Walt.
O.16 seuns B-span: 1 Dian Calitz, 2 Sarel Janse van Rensburg, 3 Albertus Brinkman.
O.14 seuns A-span: 1 Adam Diggle, 2 Oliver Leicher, 3 Juan Kuhn.
O.14 seuns B-span: 1 Ruben Nel, 2 Haleinge Ruben, 3 Frans Mwalundange.
O.16 meisies A-span: 1 Hendrina Apollus, 2 Kaylee van Wyk, 3 Tinashe Mukumba.
O.16 meisies B-span: 1 Larushka Kruger, 2 Brumelda Brandt, 3 Eila Kambonde.
O.14 meisies A-span: 1 Raica Coelho, 2 Sytisha Goagoses, 3 Dominique Theron.
O.14 meisies A-span: 1 Hayley Kidd, 2 Odyciah Karaerua, 3 Karla Terblanche.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie