Kanker eis Kelly
'n Bekende in radiokringe en aktivis teen geslagsgeweld, Kelly Thompson (40), het haar stryd teen borskanker verloor. Sy het gisteroggend in Durban, Suid-Afrika, gesterf. Sy het in 2011 fase 3-borskanker geklop en daarná in 2017 fase 4-borskanker. Namibia Coalition Against GBSV het op hul Facebook-blad geskryf: "Kelly was 'n ligtoring vir so baie vroue in nood.” Op sosiale media het huldeblyke en boodskappe van medelye van oraloor ingestroom. Foto Facebook
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie