Kandjii en kie kom voor

Een van Namibië se mees berugte verdagtes in renosterstroperysake in die land, het gister saam met twee makkers in die hof verskyn.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Lede van die Gobabis-gemeenskap het gister hul ondersteuning vir die stryd om die oorlewing van renosters betoon deur die eerste hofverskyning van drie vermeende stropers op dié dorp by te woon.

Die voormalige spandokter van die Brave Warriors, dr. Gerson Kandjii, het vandag saam met medebeskuldigdes mnre. Domingo Justice Moma en Erwin Tjiteere sy eerste verskyning in die landdroshof op Gobabis gemaak. Dit spruit uit die skiet van vier renosters op 22 Desember verlede jaar op ’n plaas naby dié dorp.

’n Stoetbul en ’n dragtige koei wat besig was om te kalf, is na bewering deur die mans vrekgeskiet. Die diere is dood gevind, met hul horings afgekap en gesteel. Nog twee renosters is op die plaas geskiet en het oorleef, maar een is nog in ’n kritieke toestand. Die kommersiële waarde van een renoster is nagenoeg N$1,25 miljoen.

Die eienaar van die diere, mnr. Walter Kinnear, het Republikein meegedeel dat die twee diere wat vrekgeskiet is met die hand grootgemaak is en vir hom soos kinders was. “Hulle moet toegesluit word en die sleutel moet weggegooi word,” het hy gesê. Hy is ook van mening dat die drie professionele misdadigers is.

Kandjii is op die oomblik uit op borgtog van N$20 000 en moes reeds in September in hegtenis geneem gewees het toe hy versuim het om op te daag vir sy hofsaak in die landdroshof op Okahao, óók op klagte wat verband hou met renosterstropery.

Lede van die Gobabis-gemeenskap het buite die hof hul misnoeë met renosterstropery getoon in 'n poging om die saak teen die stropers deur hul openbare protes te versterk.

Die drie mans staan op ’n klag van die onregmatige en onwettige skiet van ’n spesiaal beskermde wildspesie tereg, wat ’n oortreding van artikel 26(1) van die natuurbewaringsordonnansie is. Indien hul skuldig bevind word, mag hulle ’n boete van tot N$200 000 of tronkstraf van tot 20 jaar opgelê word.

Die staatsaanklaer, mnr. Salomon Kanyemba, het landdros Godwin Chizhande meegedeel die staat sal die toestaan van borgtog sterk teenstaan. Die rede hiervoor is dat die drie mans deur die Kalkrand-landdroshof op borgtog vrygelaat is in ’n moord- en roofsaak waarin ’n plaaseienaar, mnr. Reinhard Schmidt, in Febuarie 2015 vermoor is.

Kandjii was na bewering by die Kalkrand-moordsaak betrokke nadat hy op borgtog van N$20 000 vrygelaat is in ’n saak van stropery van kritiek bedreigde swartrenosters in die Etosha Nasionale Park. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is in Augustus 2015 uitgereik toe hy nie vir ’n hofverskyning opgedaag het nie.

Kandjii, Moma en Tjiteere het nou opnuut ’n misdaad gepleeg terwyl hulle op borgtog vrygelaat is, word beweer. Dit dui daarop dat dit nie in die belang van die publiek en geregtigheid sal wees indien borgtog weer aan hulle toegestaan word nie, het Kanyemba gesê.

Hy het ook betoog dat borgtog nie toepaslik sou wees nie weens die erns van die misdaad en die feit dat die polisieondersoek nog nie afgehandel is nie.

Kinnear het lede van die media ná die hofverrigtinge na sy plaas geneem en gewys waar die renosters vrekgeskiet is pas nadat hulle gevoer is. Die verbrande as van die renosterbul se karkas was nog te siene. Kinnear is van mening dat lede van sy personeel moontlik met die stropers saamgewerk het om die slagting uit te voer.

Die saak is tot 31 Maart uitgestel sodat die polisieondersoek voltooi kan word en die twee stropers wat nog op vrye voet en in besit van twee renosterhorings is, in hegtenis geneem kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%