Kandidate registreer, skryf nie eksamen
Meer as 9 000 vraestelle onaangeraak gelaat
Henriette Lamprecht
Meer as 9 000 vraestelle vir deeltydse graad 10- en graad 12-kandidate verbonde aan Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) is verlede jaar nié geskryf nie, ten spyte daarvan dat studente hiervoor geregistreer het.
Dit sluit 2 821 vraestelle vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC) graad 10-eksamen en 6 284 vraestelle vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC) graad 12-eksamen in.
Vir graad 10 sluit dit vraestelle in lewenswetenskap (830), Engels tweede taal (663), landbou (719) en geografie (609) in.
Vir graad 12 is 1 781 Engelse, 1 245 biologie-, 1 137 wiskunde-, 1 239 ontwikkelingstudie- en 882 fisiese wetenskapvraestelle nie geskryf nie. Daarmee saam het graad 12-kandidate 'n swak vertoning gelewer, met ongegradeerde inskrywings wat van 21,2% in 2015 tot 21,5% verlede jaar gestyg het. Vakke waar wél simbole behaal is, het ook van 78,8% in 2015 na 78,5% in 2016 gedaal.
Ook het die hoër grade (D en hoër) van 20,4% in 2015 tot 19% verlede jaar gedaal.
bestendige toename
Volgens die direkteur van Namcol, mnr. Heroldt Murangi, bly die grootste kommer egter leerlinge wat registreer, maar nie die vraestelle gaan skryf nie.
'n Ligpunt is egter graad 10-kandidate wat 'n geleidelike en bestendige toename getoon het in die aantal kandidate wat simbole behaal het.
“Statistiek het getoon dat ons graad 10-leerlinge verlede jaar baie beter in alle grade gevaar het, vergeleke met 2015,” het Murangi gesê.
Dié verbetering word ondersteun deur 'n afname in die aantal inskrywings waarin geen simbole behaal is nie.
Vir 2016 was dié persentasie 10,4% teenoor die 6,8% van die vorige jaar.
Vanjaar het 93,2% van deeltydse graad 10-kandidate verbonde aan Namcol simbole in hul vakke behaal, teenoor die 89,6% van 2015.
Murangi het egter gemaan meer kandidate moet van die laer grade (E en laer) na hoër grade (D en hoër) geskuif word.
Gegradeerde inskrywings vir D-grade en hoër het van 22,3% tot 27,1%, 'n styging van 4,5%, gestyg.
C-grade en hoër het van 7,3% in 2015 tot 8,7% verlede jaar gestyg.
Verlede jaar het Namcol 11 109 graad 10-kandidate en 27 227 graad 12-kandidate ingeskryf.
Volgens Murangi was die kollege se hoofdoelwit sedert sy ontstaan in 1998 om te verseker dat meer as 50% van die kandidate op beide JSC- en NSSC-vlakke simbole behaal.
In totaal het 30 016 deeltydse kandidate vir verlede jaar se NSSC-eksamen ingeskryf, waarvan 27 227 Namcol-leerlinge was. Daar was slegs 21 104 (41,3%) voltydse kandidate.
Namcol verteenwoordig 91% van die totale aantal deeltydse kandidate, met slegs 2 789 wat by private instellings ingeskryf was.
Volgens Murangi bied dié reusegaping in leerlinge uitdagings aan instellings wat deeltydse kandidate huisves.
In 2015 het die gekombineerde hoër grade (D en hoër) vir beide grade 10 en 12 op 23% gestaan.
Volgens Murangi wil Namcol dit nou met 5% tot op 28% verhoog.
Hy het beklemtoon dat toegang tot sekondêre onderrig steeds 'n uitdaging in Namibië is, met Namcol wat probeer om dit uit te brei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie