‘Kan wit mens in Zim nie inheems wees?'
'n Zimbabwese senator het die regering die stryd aangesê oor wat hy as rassistiese diskriminasie teen wit Zimbabwiërs bestempel.
Minstens 1 000 wit boere in Zimbabwe is brandarm ná dié land se omstrede grondhervormingsprogram wat in die vroeë 2000’s ingestel is.
Michael Carter, ’n senator van die MDC, die land se hoofopposisieparty, het volgens die webwerf New Zimbabwe in ’n debat oor die wetsontwerp op die grondkommissie gesê die land se grondbeleid is rassisties.
Die wetsontwerp diskrimineer teen wit grondeienaars en hul swart werkers, sê Carter.
Hy verwys na art. 21(2), wat die regte van nie-inheemse Zimbabwiërs beperk om staatsgrond te besit, te huur of te beset.
Die wetsontwerp boots die koloniale wit wetgewing na wat teen swart mense gediskrimineer het, sê Carter.
“As wit mens moet ek beswaar aanteken teen hierdie bepaling, want dit is diskriminerend. Kan ’n wit mens dan nie inheems wees nie? Onderskeid word getref tussen burgers en inheemse mense op grond van ras, iets wat ongrondwetlik is en wat uiteindelik uitgedaag sal word.
“Dié diskriminasie is gegrond op dieselfde beginsel as dié wat Ian Smith se regering teen swart mense gebruik het. Twee keer verkeerd is nie reg nie,” sê Carter.
Pres. Robert Mugabe het in 2014 onderneem dat geen wit mens in Zimbabwe toegelaat sal word om grond te besit nie. Wat grond betref, is Zimbabwe nie ’n land vir wit mense nie, het hy toe gesê.
Mugabe en Zanu-PF, die regerende party, het in 2000 met die grondhervormingsproses begin, waarin swart mense sonder grond op plase in wit besit hervestig is nadat die regering die plase oorgeneem het.
Minstens 4 000 kommersiële wit boere se grond is afgeneem. – News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie