Kan ekonomie uit resessie loswikkel?
Kan ekonomie uit resessie loswikkel?

Kan ekonomie uit resessie loswikkel?

Selfs al sou Namibië daarin kon slaag om in die eerste drie maande vanjaar uit sy resessie te ontsnap, sal die ekonomie se vertoning steeds flou wees, meen kenners.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Minstens N$27,8 miljard – teen konstante pryse van 2010 - sou in die eerste kwartaal vanjaar in die ekonomie moes invloei om Namibië uit sy resessie te lig.

Alle oë is op die Namibië Statistiekagentskap (NSA) wat na verwagting vandag sy verslag oor die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste drie maande van 2017 sal vrystel.

Namibië het 2016 in 'n resessie afgesluit ná die land in die derde en vierde kwartale jaar op jaar negatiewe groei aangeteken het. Voorlopige­ data van die NSA het ook negatiewe groei van -1,5% in die tweede kwartaal van 2016 getoon, maar dit is intussen na 0,1% hersien. Volgens beskikbare syfers het die ekonomie egter in die laaste kwartaal verlede jaar met -3,1% gegroei en die drie maande daarvoor met -0,8%. 'n Land is tegnies in 'n resessie as dit twee opeenvolgende kwartale op 'n jaargrondslag negatief groei.

In die eerste kwartaal van 2016 was Namibië se BBP N$27,856 miljard. Dié BBP is nie gemeet aan markpryse­ nie, maar aan konstante pryse van 2010 wat vir inflasie aangepas is. Konstante pryse word as die maatstaf vir ekonomiese groei gebruik.

As Namibië nie opnuut negatiewe groei wil behaal en in 'n resessie wil bly nie, moes die BBP in die eerste kwartaal vanjaar dus minstens dié bedrag beloop het. Alternatiewelik moet die hersiene syfers vir die vierde kwartaal positief wees sodat twee opeenvolgende negatiewe kwartale vermy kan word.



Inkrimping

Simonis Storm (SS) verwag nie goeie nuus van die NSA nie.

Purvance Heuer, 'n direkteur van SS, sê 'n groot deel van hul ekonomiese vooruitsig vir 2017 was op die bydrae van Swakop Uranium se nuwe Husab-myn geskoei.

“Hoewel Husab sy eerste drom (uraan) geproduseer het, verneem ons niks is tot dusver uitgevoer nie. Dit beteken daar is in dié stadium geen bydrae tot die BBP nie,” het Heuer aan Republikein gesê.

SS het verlede jaar in sy vooruitsig vir 2017 gesê ekonomiese groei van 2,8% word vir vanjaar verwag. Verwyder Husab uit die prentjie en die verwagte groei val tot 0,4%.

“Ek vermoed dié 0,4% is in dié stadium ook optimisties, aangesien bedrywighede steeds afneem, werkloosheid styg en bankrotskappe en beslagleggings toeneem,” sê Heuer.

Frans Usiku, ekonoom van SS, sê groei van -1% word vir die eerste kwartaal verwag. 'n Styging in diamantverkope sal vir 'n kleiner inkrimping as dié van die laaste kwartaal van 2016 sorg. Die inkrimping in regeringsbesteding, veral op ontwikkeling, gaan egter steeds die ekonomiese groei demp, sê hy.

“Die regering verteenwoordig sowat 45% van die BBP. Konstruksiebesteding is in die halfjaarbegroting van 2061-'17 met 41% afwaarts aangepas, terwyl geen begrotingstoewysings vir nuwe kapitaalprojekte in 2017-'18 gemaak is nie,” sê Usiku.



'Gedemp'

Hoewel hulle nie eintlik kwartaallikse BBP-voorspellings waag nie omdat die syfers te wisselvallig is en beduidend hersien word, verwag Cirrus Capital “gedempte” groei vir die eerste kwartaal.

Rowland Brown, medestigter van Cirrus, sê groei in die eerste kwartaal van 2016 was “relatief” sterk, terwyl die eerste kwartaal vanjaar weens onder meer die begrotingsbesnoeiings in Oktober, asook likiditeits- en kontantvloeikwessies “relatief moeilik” was.

'n Herstel in mynproduksie – veral uraan en diamante – en landbou kan die uitwerking van bogenoemde faktore tot 'n mate versag, maar hy verwag nietemin 'n algehele gedempte vertoning in die eerste kwartaal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057