Kan die president van Afrikaans tog net hand opsteek?
Kan die president van Afrikaans tog net hand opsteek?

Kan die president van Afrikaans tog net hand opsteek?

Minette Brink
“Hallo Ment, Ek gee jou die garansie dat ek in die ataksie van my studeerkamer met elan die remanente woorde intyds vir jou sal stileer.”
Ek hou dadelik op lees en bel my suster in Pretoria.
“Ilana!” sê ek sonder dagsê. “Wanneer laas het jy met Ma gepraat? Daar’s groot fout. Ek het die vreemdste e-pos van haar gekry. Dit klink of sy . . . yl.”
“Kalm, kalm,” sê Ilana. “Ek is in die kar, op pad werk toe. Lees vir my wat skryf sy.” Ek lees.
“Ten spyte van my studeerkamer se toestand is ek self darem nie in harlaboerla nie. So, tolereer my, asseblief. Ek is nie erudiet nie, maar sal my bes doen en asmede meer.
“Familienuus: Ons neef Pieter is mos die tropsluitertjie. Dit is seker humaan dat hy baie deur sy ouers en susters bederf is. Ek glo egter sy luiheid emaneer uit sy manier van grootword. ‘n Mens het somtyds gewens ‘n eskulaap kon hom 'n injeksie gee of ‘n panasee toedien om hom te agiteer om iets met sy lewe te doen.
“Maar daar het ‘n lumen in die tonnel gekom. Sy buurman gee aan hom ‘n hoop reglette en hy begin kreëer die mooiste houtkassies daarmee en verkoop dit. Omdat mense hom prenumereer, kan hy nou effisiënt te werk gaan, nog hout aankoop. Die bombarie van sy pa se saagmasjien maak glo almal gek. Maar hy werk daagliks febriel voort. Hy etaleer glo sy produkte by die naaste inkoopsentrum.
“Ons neef Anton het ‘n stuk grond gekoop en begin boer. Ek vertrou dit is nie illegaal om so naby die dorp plaasdiere aan te hou nie.
“Daar is ‘n groot gora waarom hulle heerlik graas. Hy het ook ‘n groot gô opgesit om die voëls weg te hou van sy aangeplante groente. Wat nig Ellen betref, sy was toe haar ouers se enigste benefisiant. Dit het haar genadiglik gered van faillissement.”
“En dis dit,” sê ek. “En hoekom lag jy?”
“Ontspan,” sê Ilana. “Ma het begin blokkiesraaisels invul. Sy is maar net knorrig oor van die tydskrifte se blokkiesraai-Afrikaans. Dis al.”
Ons groet en ek gaan haal ‘n verklarende woordeboek om my ma se brief te kan ontsyfer. Sowaar, die woorde bestaan.
Ek wil graag die president van Afrikaans ontmoet, want sy (of haar) Huis is nié in orde nie. Die ministers, onder meer die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls en die Skryf Afrikaans van A tot Z, verskil op soveel punte, dit verwar die volk en lei tot onnodige en soms uiters gevaarlike uitbarstings.
Ofte wel, sê die AWS. Óf oftewel.
Nee, sê die HAT. Dis oftewel, basta.
Mediese fonds, maar mediesefondsbydrae, beveel die AWS.
Die HAT swyg in die verband.
Maar die SAAZ, hoofopruier, het wel ‘n ekstra bont eier te lê: “Gebruik die geregistreerde naam van ‘n spesifieke fonds of skema. Gebruik oorkoepelend eerder ‘mediese skemas’ omdat daar baie soorte fondse en skemas/planne/keuses is, hoewel kortweg en ter afwisseling ook van ‘siekefondse’ gepraat mag word. Werknemers behoort tot (NIE: aan) ‘n mediese fonds.”
My presieuse hoof pulseer.
Los tog die gekarring aan die reeds uiters verwarrende, frustrerende taal- en spelreëls wat - so lyk dit my - elke jaar verander word.
Kan die kenners in beheer ook net vir my sê wat is ‘n hoëresolusiesyaftassonarbeeld?

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%