Kan die Eagles die Kiwi’s se stertvere pluk?

Namibië fokus eerder op sy eie vertoning as op die opposisie, sê sy afrigter.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Ná hul moedige verloorwedstryd Dinsdagaand teen Pakistan in Abu Dhabi by die T20 Wêreldbeker is Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, oortuig dat dié belewenis vir Namibië groot waarde inhou.

Die Namibiërs, wat hul debuutverskyning by dié wêreldtoernooi met wedstryde teen Nieu-Seeland (môremiddag twaalfuur) en Indië (Maandagaand) afsluit, het ondanks Pakistan se bultelling van 189/2 met ’n opwindende en vegtende poging van 144/5 vorendag gekom.

De Bruyn het agterna in sy mediakonferensie gesê: “Ons beplan vir een wedstryd op ’n slag. Ons weet beide wedstryde gaan taai wees. Nieu-Seeland en Indië het hul eie planne hoe om hul oorblywende wedstryde te wen en veral teen Namibië sal hulle nie wil verloor nie.

“Die Eagles fokus eerder op onsself as die opposisie. Ons leer verskriklik baie en die botsing teen Pakistan was ’n ongelooflike ervaring vir die spelers. Namibië het ’n fantastiese vertoning met die bal én kolf gelewer.

“Ons is egter deeglik bewus wat teen Nieu-Seeland en Indië op ons wag. Beide nasies sal deeglike oorwinnings teen die Eagles benodig om tot die semifinaal deur te dring.

“Deelname aan die T20 Wêreldbeker beteken ontsaglik baie vir Namibië en veral vir die kinders wat die Eagles sien speel. Ek het gister gelees Pakistan het amper 3 000 krieketklubs, waar ons net vyf (in ons premierliga) het.

“Vir ons is dit ’n sprokie en ek voel ons ouens en elke Namibiese ondersteuner kan trots wees op hoe die Eagles teen ’n wêreldklas span soos Pakistan gevaar het. Elke les wat ons geleer het, sal die Eagles in die toekoms baat.

“Daar was beslis oomblikke wat ons hulle behoorlik getoets het. Ná tien boulbeurte het hulle net 59 lopies op die telbord gehad.

“Hierdie ondervinding sal die span in die toekoms laat ontwikkel. Teen Afghanistan was ons in sekere fasette nie goed genoeg nie, veral op die wyse hoe ons paaltjies verloor het, maar met die boulwerk het ons hulle tot 160 lopies beperk.

“Vir ons kolwers was dit ’n ervaring om teen die topboulers ter wêreld te kolf. Die spoed waarteen die boulers van Afghanistan en Pakistan boul, is iets merkwaardig.

“Toe ons vir die Super 12-groep gekwalifiseer het, was dit op Eagles-kolwers se lippe hoe vinnig die topboulers teen hulle gaan boul. Ons kolwers het dit opnuut ervaar en hulle kan ná Pakistan met veel meer selfvertrou die laaste twee wedstryde aanpak.

“Ek is geweldig trots op ons kolwers. Vir ons om 144 teen Pakistan se boulwerk te behaal, is goed. ’n Krieketspeler moet dié tipe boulwerk eers self trotseer alvorens hy in homself kan glo dat hy dit wel suksesvol kan baasraak.

“Albie Morkel is die afgelope drie jaar die hulfpafrigter saam met my. Hy het vir Suid-Afrika gespeel en was vir agt jaar in die Indiese Premierliga aktief waar hy gewoond was om wedstryde eiehandig met groot grenshoue te wen.

“Albie se ondervinding as oudkolwer en kolfafrigter is vir ons van onskatbare waarde. David Wiese het ook nie net sy ondervinding met die spelers gedeel nie, maar het soos teen Pakistan kalm op die veld gestap en ons kolwers gewys hoe dit gedoen moet word. Ek as hoofafrigter is bevoorreg om hulle saam met my te hê.

“Vir ons is hierdie Wêreldbeker reeds ’n sukses, want ons moes Ierland, Nederland en Skotland klop om na die Super 12-groep te vorder.

“Die Wêreldbeker is die perfekte verhoog vir ’n speler om homself aan die krieketwêreld bekend te stel. ’n Speler kan raakgesien word en vir die professionele ligas in die toplande opgeraap word.

“Dink net hoeveel derduisende mense die wedstryd tussen die Eagles en Pakistan gekyk het en hoeveel mense deur die span asook individuele vertonings beïndruk is.

“Die spelers is net menslik en ek glo hulle dink aan die moontlikheid van ’n professionele kontrak in die Pakistan Superliga of elders. Hulle het net een oomblik van briljantheid nodig om raakgesien te word. Dit kan een beurt, ’n ses of vangskoot wees wat die regte persoon se oog vang. Ek wéét die Eagles is goed genoeg om in een van die buitelandse ligas te speel en ek hoop regtig van die spelers maak dit.”

‘GEWOOND AAN DIE PYN’

Gerhard Erasmus, kaptein van die Eagles, het gesê: “Ons het geweet Pakistan het goeie spelers en hulle lyk beslis na ’n gunsteling om die titel te wen. Die spelers het geweet ons sal ons beste spel moet lewer.

“Ons het dit bespreek, om vir langer periodes kompeterend te wees. Ná die elfde boulbeurt het Pakistan goed begin kolf en tot in die laaste boulbeurt op dreef gebly.

“Die pad vorentoe in die Super 12-groep raak nie makliker nie. Nieu-Seeland is volgende in Sharjah, maar ons weet nou die Eagles kan op die hoogste vlak kompeterend wees en dit is hoe ons teen hulle gaan speel.

“Dis belangrik om soveel moontlik blootstelling teen die groot lande te kry om selfvertroue op te bou. Hoe gemakliker jy op die veld is, hoe beter vaar ’n speler. Ongelukkig is daar nie vir ons wedstryde op hierdie vlak nie, maar met die blootstelling wat ons hier gekry het, het ons gewys die Eagles kan wel presteer.

“My (gebreekte) vinger is nogal seer, maar teen dié tyd is ek al gewoond daaraan. Die Wêreldbeker is ’n mylpaal vir Namibië. Ek wil dit nie misloop nie en wil elke oomblik daarvan ervaar.”

[email protected]

FOTO’s
Craig Williams (regs) en Stephen Baard het ’n stewige aanvangsvennootskap gebou. Foto Nampa/AFP
Craig Williams het teen Pakistan ’n vreeslose 40 van 37 aangeteken. Foto Nampa/AFP

Jan Frylinck het teen Pakistan sy agtste paaltjie van die toernooi geneem en is in die gesamentlike vierde posisie boaan die lys van paaltjienemers. Foto ICC / Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%