Kamwi soek sy erf
Kamwi soek sy erf

Kamwi soek sy erf

Die Katima Mulilo-munisipaliteit sê geen kwitansie of tjek van N$170 000 is uitgereik of inbetaal soos wat 'n voormalige minister beweer nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste dagvaar die Katima Mulilo-munisipaliteit oor ’n besigheidserf op die dorp waarvoor hy glo N$200 000 betaal het.

Dr. Richard Kamwi het in 1999 reeds ’n versoek aan die munisipaliteit vir die aankoop van die erf gerig en het dit volgens hom uiteindelik in November 2014 gekoop.

Die verweerders in die saak, wat die munisipaliteit en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling insluit, sê egter slegs twee betalings van N$10 000 elk is deur Kamwi gemaak.

Geen kwitansies of tjeks is deur die muninispaliteit vir die finale bedrag van N$170 000 uitgereik of inbetaal soos wat Kamwi beweer hy aan die munisipaliteit oorbetaal het nie.

Kamwi vra die hof onder meer dat N$200 000 aan hom terugebetaal word en die transaksie afgehandel word.

In hofstukke sê Kamwi hy het in 1998 aansoek gedoen om die erf te koop.

Die destydse hoofbeampte het hom glo mondelings ingelig hy kan die erf volgens raadsbesluit 156 van 1999 vir N$20 000 kry.

Hy sê hy het in opdrag van die beampte 'n deposito van N$5 000 betaal, maar nooit 'n voorlopige koopkontrak ontvang nie.

Redes vir dié versuim was glo dat die raadsbesluit wat die transaksie bekragtig, nie gevind kon word nie.

Ook was daar nie bewyse dat Kamwi die aankoopprys vir die eiendom betaal het nie.

In 2013 het Kamwi, in opdrag van die hoofbeampte, 'n deposito van N$10 000 betaal om die proses weer te begin, sê hy, maar beweer hy het steeds nie 'n koopkontrak ontvang nie.

In Oktober 2014 het die munisipaliteit glo gesê hy kan volgens 'n nuwe raadsbesluit die erf vir N$200 000 koop, 'n aanbod wat hy aanvaar het.

Hy het toe weer N$10 000 as bydrae tot die koopsom betaal, sê hy.

Volgens Kamwi het hy daarna 'n verdere N$10 000 en toe N$170 000 tot die koopsom aan die munisipaliteit oorbetaal.

Hy het egter nooit 'n koopkontrak ontvang nie, sê hy.

In Mei 2016 sê die munisipaliteit toe na bewering, in antwoord op 'n prokureursbrief, die ministerie het in Februarie 2015 die versoek afgekeur om die eiendom aan hom te verkoop.

Volgens Kamwi is hy egter sedert 1999 nooit deur enige munisipale of ministeriële amptenaar ingelig dat die ministerie die transaksie afgekeur het nie.

Hy verwerp ook die munisipaliteit se verweer dat ’n ministeriële versoek vir ’n geskrewe motivering oor waarom die erf glo vir ’n lae bedrag aan hom verkoop is, ’n afkeer van die transaksie is.

Die respondente beweer egter Kamwi is nié die eienaar van die erf nie omdat eienaarskap nooit aan hom oorgedra is nie.

Die transaksie was glo ook voorwaardelik en die voorgenome transaksie moes geadverteer word, wat glo nooit gedoen is nie.

Tweedens het dit glo berus op die goedkeuring van die destydse minister en daarna die volle betaling van die aankoopprys.

Die aankoopprys was na bewering ook op 18 Augustus 1999 volgens raadsbesluit glo N$118 000 en nie N$20 000 soos Kamwi beweer nie.

Hy moes ook dié bedrag voor 30 September 2002 betaal, anders tree die waardasiebedrag van N$226 000 in werking.

Hul verweer lui voorts Kamwi is in November 2014 ingelig hy kan die erf as deel van ’n private ooreenkoms vir N$200 000 koop.

Hulle beweer ‘n betaling van N$170 000 is nooit van hom ontvang nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026