Kamptoerusting verkoop fluks in feestyd
Kamptoerusting verkoop fluks in feestyd

Kamptoerusting verkoop fluks in feestyd

Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker

Holdsport, wat Sportsmans Warehouse en Outdoor Warehouse in sy stal het, het in die vier maande tot einde Desember sy verkope met 5% opgestoot danksy die verkope van kamptoerusting.

As die impak van nuwe winkels uitgesluit word, het sy verkope met 0,7% gedaal.

Dit is grootliks weens die trae verkope van Sportsmans Warehouse wat meer as twee derdes van sy verkope verteenwoordig. Sy verkope het met 0,5% gestyg (en verkope in ou winkels het met 2,3% gedaal).

Outdoor Warehouse, wat amper ’n kwart van verkope verteenwoordig, het aan die ander kant sy verkope met 8,4% skerp verhoog. Selfs uitgesluit nuwe winkels het verkope met 4,3% gestyg.

By sy groothandelafdeling het verkope baie skerp met 46,7% gegroei, maar dit is nog ’n klein afdeling wat onder 4% van totale verkope is.

Die kleinhandelafdelings het prysinflasie van sowat 8,5% ervaar wat amper dieselfde, maar stadiger is as wat in die afgelope halfjaar tot einde Augustus aangemeld is. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer