Kampioenspan op JTL se grondveld gekweek
Skolerugby
Vir ’n skool wat nog nooit gras op sy rugbyveld gehad het nie, is dit ’n behoorlike prestasie om die finaal van hul nasionale liga te haal en selfs as kampioene bekroon te word.
Dit is die storie van die laerskool JTL Beukes van Rehoboth, wie se onder 12- en o.13-rugbyspanne beide die eindstryd gehaal het van die liga waarvan Steers die hoofborg is.
Beide spanne het die kwarteindrondte gehaal wat op Keetmanshoop gehou is. Die onder 12’s het met oorwinning teen Parkies (10-5) en hul buurskool Krönlein (29-0) verseker dat hul aanslag op die titel voortduur.
Terselfdertyd het die o.13’s na die volgende uitkloprondte gevorder met hul oorwinnings teen Rosh Pinah (12-5), Origo (34-19) en Keetmanshoop Privaatskool (40-0), met hul enigste nederlaag ’n naelskraapse 12-7 teen Windhoek Gimnasium.
Die twee semifinale was reeds ’n historiese oomblik vir die skool. Dit het selfs beter gegaan toe die o.12’s hul wedstryd teen hul buurskool Ruimte met 17-10 gewen het om hul plek in die eindstryd in te neem.
Die o.13’s was in die halfeindstryd ook aan die wenkant – met ’n oortuigende 23-10 teen Wilhelm Nortier van Grootfontein.
Die eindstryde is ’n week later in Windhoek gespeel, waar JTL Beukes se onder 12’s met 15-22 die knie teen Orban moes buig.
Die o.13-span het die skool selfs meer trots gemaak toe hulle die gedugte Windhoek Gimnasium met 19-10 geklop het om die goue medaljes om hul nekke te hang.
Die skoolhoof, me. Brigitte Louw, is baie trots op die prestasie van die skool se o.12- en o.13 rugbyspanne. Sy spreek haar dank uit aan die kinders, ouers, afrigters en sportorganiseerder vir hulle harde werk vanjaar.
Me. Louw het ook spesiale gelukwensing uitgespreek teenoor Toivo Hauwanga, wat die nasionale laerskole-atletiekspan gehaal het, asook Dante Muller wat vir die Namibiese o.12-sewesrugbyspan vir ’n toernooi in Botswana gekies was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie