Kampioene bekroon Buys vir 2016-u201917
Kampioene bekroon Buys vir 2016-u201917

Kampioene bekroon Buys vir 2016-’17

Krieket
Andrew Poolman
Nicky Buys is as speler van die jaar vereer toe WHS Old Boys krieketklub dié week sy jaareindfunksie gehou het.

Old Boys het vanjaar die Three Ships Whisky premierliga oor 50 boulbeurte ingepalm met van sy nasionale spelers wat hul stem gdik gemaak het om die aanslag van die kusspan EBH Welwitschias af te weer.

Dit was egter in die klub se sogenaamde Vintage-span dat spelers soos Buys hul stempel afgedruk het.

Old Boys se bekroonde spelers vir die afgelope seisoen:

T20-LIGA

Tweede liga (derde span): Beste kolwer: Pieter Laubscher senior 195 lopies in 9 wedstryde, gemiddeld 24.38; beste 56 lopies van 27 balle.

Beste bouler: Albert Maartens 15 paaltjies in 31.4 beurte; beste 3/14 in 4 beurte

Eerste liga (tweede span): Beste kolwer: Wesley Anderson 167 lopies in 6 wedstryde, gemiddeld 33.4; beste 63 lopies van 51 balle.

Beste bouler: J.W. Prinsloo 5 paaltjies in 17 beurte, beste 2/20 in 3 beurte.

Eerste liga (Vintage-span): Beste kolwer: Nicky Buys 335 lopies in 6 wedstryde, gemiddeld 67.0; beste 142 lopies van 55 balle

Beste bouler: Rudie van Vuuren 9 paaltjies in 23 beurte, beste 2/6 in 3 beurte.

Premierliga (eerste span): Beste kolwer: Albert van der Merwe 114 lopies in 5 wedstryde, gemiddeld 22.8 : BB. 38 lopies van 34 balle.

Beste bouler: Vernon Cloete 8 paaltjies in 22 beurte; beste 2/15 in 4 beurte.

EENDAGLIGA (30/40/50 beurte)

Tweede liga (derde span): Beste kolwer: Bruwer Laubscher 136 lopies in 4 wedstryde, gemiddeld 34.0; beste 77 lopies van 100 balle.

30 Beurte: Beste bouler: Michael Laubscher 11 paaltjies in 19.3 beurte, (beste 7/29 in 5.3 beurte).

Eerste liga (tweede span): Beste kolwer: Benjamin Calitz 161 lopies in 3 wedstryde, gemiddeld 53.67; beste 97 lopies van 108 balle.

40 Beurte: Beste bouler: Ashley Griffiths 6 paaltjies in 18.0 beurte; beste 5/36 in 8 beurte.

Eerste liga (Vintage-span): Beste kolwer: Nicky Buys 338 lopies in 7 wedstryde, gemiddeld 56.33; beste 163 lopies van 93 balle.

40 Beurte: Beste bouler: Nicky Buys 13 paaltjies in 40.0 beurte; beste 3/0 in 1 beurt.

Premierliga (eerste span): Beste kolwer: Gareth Cloete 293 lopies in 7 wedstryde, gemiddeld 48.83; beste 77 lopies van 60 balle.

40 Beurte: Beste bouler: Ricardo Strauss 15 paaltjies in 42.3 beurte; beste 4/25 in 6 beurte.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer