Kamp-yskastert
Kamp-yskastert

Kamp-yskastert

Lloyd Zandberg
As jy ooit gedink het die kampyskas is te klein om ordentlike yskastert te maak, lees hier.

Jy benodig

1 pakkie aarbeijellie

1 blik (385 g) kondensmelk

½ koppie suurlemoensap

2 koppies room, geklits

½ koppie pynappelstukkies

100 g malvalekkers, in stukkies gesnipper

1 pakkie Tennis-beskuitjies, in stukkies gebreek

Só maak jy

1. Maak die jellie aan volgens die aanwysings op die pakkie en laat dit afkoel en stol.

2. Meng die kondensmelk en suurlemoensap saam en laat dit staan om te verdik.

3. Klits die room styf en vou dit saam met die pynappelstukkies, malvalekkers en jellie by die kondensmelkmengsel.

4. Pak die Tennis-beskuitjies in klein bakkies of blikbekers en skep ’n bietjie mengsel bo-op.

5. Pak nog ’n laag beskuitjies en skep nog mengsel daarop. Jy kan dié stappe sowat 3 keer herhaal, afhangende van hoe groot jou bakkies is.

6. Sit die bakkies in die yskas totdat hulle stol. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-10-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer