Kameroen: Minstens 17 dood in geweldpleging
Die twee Engelssprekende streke van Kameroen gaan gebuk onder geweld te midde van aantygings dat die gebiede gemarginaliseer word.
Minstens 17 mense is dood in botsings tussen veiligheidsmagte en betogers in Kameroen se Engelssprekende streke, het Amnestie Internasionaal (AI) gesê.
Geweldpleging het in gebiede uitgebreek waar die separatistiese beweging momentum begin kry.
Die botsings het Sondag begin nadat plaaslike groepe teen hul marginalisering deur die Franssprekende- gedomineerde regering van pres. Paul Biya betoog het. Ooggetuies sê veiligheidsmagte het op 'n kort afstand op betogers losgebrand.
Ilaria Allegrozzi, AI se navorser in die Tsjadmeergebied, sê slagoffers is dood in verskeie dorpe in die twee Engelssprekende streke wat aan Nigerië grens.
“Die kommerwekkende styging in geweldpleging oor die naweek het nou kritieke omvang bereik,” het Allegrozzi gesê.
'n Plaaslike burgemeester het bevestig dat een van die slagoffers 'n 13-jarige meisie was wat aan koeëlwonde beswyk het.
Sisiku Ayuk Tabe, die leier van die afstigtingsbeweging Governing Council of Ambazonia, sê die dodetal sal waarskynlik tot meer as 30 styg. Regeringsamptenare het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.
'n Aandklokreël is Maandag in die stad Bamenda aangekondig en veiligheidsmagte het versperrings in die byna leë strate opgerig. 'n Ooggetuie het aan Reuters vertel hy het gesien hoe polisiemanne met balaklawas 'n jong man aanrand wat hom teëgesit het toe veiligheidsmagte hom in hegtenis wou neem.
Kameroen, 'n olie- en kakaoprodusent met 'n bevolking van 23 miljoen mense, was 'n Duitse kolonie tot die einde van die Eerste Wêreldoorlog, toe dit tussen Frankryk en Brittanje verdeel is.
Die diep kulturele en taalverskille het 'n jaar gelede tot eise vir groter outonomiteit gelei. Die owerhede het egter gereageer deur opponente toe te sluit en toegang tot die internet te staak.
Die Franse regering het 'n beroep op alle kante gedoen om geweld te verwerp.
Die opposisieleier, John Fru Ndi, wat in die vorige verkiesings teen Biya gestaan het, sê egter die president sal sukkel om die spanning voor die volgende verkiesing te verlig. Die 84-jarige Biya, wat sedert 1982 aan bewind is, sal hom na verwagting vir nog 'n termyn verkiesbaar stel.
“Daar was oplossings beskikbaar, maar hy het sy kanse verspeel,” het Ndi gesê.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie