Kameras op vliegtuie laat passasiers sidder
Die Amerikaanse lugdiens United Airlines het gehoor gegee aan passasiers se versoeke en begin om klein kameras agterop sitplekke toe te maak.
Die Amerikaanse lugdiens het onder skoot gekom nadat passasiers begin opmerk het die skerms agterop sitplekke waarop flieks en reekse gekyk word, bevat ook 'n kamera.
United Airlines het ontken dat hy ooit dié kameras gebruik het om op passasiers te spioeneer en sê dit vorm bloot deel van die toestel.
Panasonic vervaardig die toestelle vir United Airlines wat agterop sitplekke gemonteer word.
Volgens Panasonic het hy begin om 'n kamera by sy toerusting in te sluit omdat dit in die toekoms dalk van nut kan wees.
Die maatskappy meen dit sal passasiers eendag in staat stel om tussen sitplekke met mekaar te kommunikeer sowel as om videospeletjies teen mekaar te speel.
Passasiers was egter nie hiervoor te vinde nie en beskou die kameras as grillerig.
Nadat verskeie klagtes daaroor ontvang is, het United Airlines besluit om 'n plakker oor elke sitplek se kamera te plak.
“Die kameras was ook nooit geaktiveer nie en ons beplan ook nie om dit ooit te gebruik nie,” het 'n woordvoerder van die lugdiens aan Buzzfeed News gesê.
United Airlines is nie die enigste lugdiens waar die toerusting 'n kamera insluit nie. Singapoer se nasionale lugdiens gebruik ook dieselfde toerusting.
Panasonic sê die kameras benodig spesiale programmatuur alvorens dit kan werk. Lugdienste kan self besluit of hulle hierdie programmatuur wil installeer.
Delta, nog 'n Amerikaanse lugdiens, het reeds aangedui hy beplan om nooit die kameras op sy vliegtuie te aktiveer nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie